Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Windsor gooi sy tuinhekke oop vir publiek
Altesaam 3 500 roosbome is rondom die sentrale fontein geplant. Besoekers sal nou amptelik in September oor naweke in dié terrastuin kan wandel. Foto: Reuters

Die Windsor-kasteel, een van die amptelike wonings van koningin Elizabeth van Brittanje, gaan sy oostelike terrastuin die eerste keer in meer as 40 jaar vir die publiek open.

Besoekers aan die kasteel, waar die koningin die laaste paar maande tydens Brittanje se inperking weens die koronaviruspandemie bly, sal die tuin, wat in die 1820’s geskep is, vandeesmaand en in September oor naweke kan besoek voordat sy na Skotland gaan.

Altesaam 3 500 roosbome is nou rondom die sentrale fontein geplant.

Tuinwerkers snoei rose ter voorbereiding van die oostelike terras-roostuin by die Windsor-kasteel wat vir die eerste keer in vier dekades vir die publiek sal open. Foto: Reuters

Dit is aanvanklik geskep as ’n mooi uitsig van die koninklike blyplekke af langs die oostelike fasade van die kasteel.

“Die eerste tuin wat hier aangebring is, is in 1824 onder die heerskappy van George IV geskep.

“Maar voor dit, in die Middeleeue, was dit die verdedigingsloot,” het Richard Wil­liam, leerlingkurator van die Windsor-kasteel, gesê.

“Charles II het die terras in die 17de eeu geskep en het ook rolbal-grasperke ingesit omdat hy baie lief was vir rolbal,” het hy gesê.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die tuin omgedolwe om groente te plant, sê Wil­liams verder.

Willem die Oorwinnaar het die Windsor-kasteel in die 11de eeu wes van Londen gebou.– Reuters

Meer oor:  Windsor  |  Tuin  |  Publiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.