Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Zoid sing liedjie van Piet Botha op Facebook
Piet Botha. Foto: Stef Kruger

Die Afrikaanse rocker Karen Zoid het Maandagmiddag hulde gebring aan Piet Botha deur een van sy liedjies regstreeks op Facebook te sing.

Voordat sy Sien Jou Weer van dié sanger sing, vertel sy watter reuse-impak Botha op verskeie musikante se lewe gehad het, insluitende haar eie.

“Ek dink dit is belangrik om te sê wat ’n groot pionier hy was vir ons as musikante wat in bands speel. Dit is nogal moeilik om aan die gang te kom in die musiekbedryf, veral as jy saam met ander mense werk, eerder as masjiene. Vir my persoonlik het Piet Botha verskriklik baie beteken,” sê Zoid.

Sy sing dan Sien Jou Weer, wat een van haar gunstelingliedjies van Botha is.

Die lirieke lui: “Kyk nog ’n somer alweer weggegaan; En al wat jy doen, ek sê maar niks; Laat dit met jou goed gaan; Sien jou weer.”

Botha is Sondagaand dood nadat pankreaskanker sowat drie maande gelede by hom gediagnoseer is.

Sy familie het Maandag in ’n verklaring gesê ’n private seremonie sal gehou word om sy lewe te vier.

Meer oor:  Piet Botha  |  Karen Zoid  |  Sterfgeval  |  Liedjie  |  Huldeblyk  |  Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.