Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Zoid veil KKNK-hekelwerk op
'n Kombers wat deur Monica Vorster gehekel is.

Vyf gehekelde komberse van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se ReWOLusie-projek word Maandag en Dinsdag (26 en 27 Oktober) deur Karen Zoid opgeveil.

Zoid het sedert die inperkingstyd verskeie suksesvolle veilings aangebied. Sy gaan die komberse op Facebook opveil. Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK, sê die veiling se opbrengs word vir liefdadigheidsprojekte gebruik, luidens ’n verklaring.

Die vyf komberse is deur vier inwoners van Oudtshoorn gehekel – Monica Vorster, Lizbe Strydom, Charline Stuurman (twee) en Yvonne Conradie.

In 2019 is feesgangers met die begin van die 25ste KKNK verras met breiwerk wat Oudtshoorn se strate oornag verfraai het – van bome en pilare, tot motors en ander voorwerpe is met kreatiewe breiwerk bedek. Die ReWOLusie-gemeenskapsprojek is vroeër vanjaar vereer met die Blou Fiësta vir uitsonderlike bydrae.

Inwoners het saamgekom om komberse te hekel en te skenk aan behoeftiges in die Oudtshoorn-omgewing.

Hoewel die KKNK weens die Covid-19-pandemie nie vanjaar op Oudtshoorn kon plaasvind nie, het die projek Oudtshoorn steeds in 2020 verfraai, maar ook ’n verskil in die gemeenskap gemaak. Inwoners het saamgekom om komberse te hekel en te skenk aan behoeftiges in die Oudtshoorn-omgewing. Projekte in die nabygeleë plaasgemeenskappe is ook begin om mense te leer hekel en brei.

Gedurende die winter is komberse ook uitgedeel aan inwoners van Helen Bellinghanhof, Coronation Memorial, Eljada Nasorg, die ACVV De Rust en individue. Die Oudtshoorn-hospitaal en Toekomsrus-kliniek het komberse ontvang vir ma's met nuwe babas. Verder is gehelp om nood by kerke en in die gemeenskap te identifiseer en is komberse ook in Dassieweg uitgedeel.

Van die komberse wat vir die ReWOLusie gehekel en gebrei is, is uitgehou en vir ruilhandel beskikbaar gestel. Inwoners kon twee of drie warm winterkomberse ruil vir ’n uniek gehekelde kombers. Sodoende is byna drie keer meer komberse ingesamel. Van die komberse is aan die seuns by Huis Triomf en die Oudtshoorn Vaardigheidskool uitgedeel. Madeleine Miles is aan die stuur van die projek. ’n Beperkte-uitgawe koffietafelboek oor die vroue wat by die projek betrokke is en inspirerende stories, werk en patrone bevat, is deur Absa geskep.

Mense wat wil deel wees van die derde ReWOLusie kan Daleen Witbooi by 044 203 8600 skakel, stuur ’n e-pos na info@kunste.org.zaof besoek www.facebook.com/rewolusie.

Meer oor:  Karen Zoid  |  Kknk  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.