Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Corlia Fourie se bydrae gehuldig

Corlia Fourie word in Desember 70 en op die afgelope Woordfees is bestek geneem van en terselfdertyd hulde gebring aan dié bekende skrywer en haar uiteenlopende oeuvre.

Fourie se bydrae as dramaturg in die 1980’s; as skrywer van kinderboeke in die 1990’s; haar prosawerke; en werk as samesteller van verskeie versamelbundels het ter sprake gekom. Ook die feit dat sy meermale bekroon is.

Haar aandag aan vrouwees in ’n patriargale bestel in verskeie verhale is ook bekyk.

In ’n kortverhaal soos “Liefde en haat” skryf sy oor geweld en ’n patriargale samelewing; oor ’n “pa se dodelike vorm van beskerming”.

Toe sy in Londen moes woon, het sy vryskutwerk gedoen vir publikasies in Suid-Afrika en baie terugverlang. Sy het toe, ná jare in die joernalistiek, aan ’n drama, Moeders en dogters, begin werk. Dit is op verskeie plekke opgevoer.

As dogter van die bekende skrywer Mikro wou sy aanvanklik niks van skryf weet nie, geïrriteer deur wat sy ervaar het as “die etiket as sy dogter”.

“Ek wou eers net joernalis wees en met feite werk, maar ek hét begin skryf toe die een hand nie wis wat die ander hand doen nie,” het sy gesê.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.