Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dagboek
Besoek antiekmark môre
’n Oud-diplomaat se ware sal van die hoogtepunte by môre se antiekmark by die Voortrekkermonument wees.

Die antiek-en-versamelaarsmark wat op Vrouedag by die Voortrekkermonument (VTM) plaasvind, word onder ’n splinternuwe dak gehou.

Ná jare se gesukkel met die ou dak wat nie die Gautengse storms kon weerstaan nie, is daar nou ’n dak oor dié gerief wat die mark in ’n klas van sy eie plaas.

Die mark vind môre plaas van 09:00 tot 15:00.

“Ons het ook ’n nuwe uitstaller by die mark wat as diplomaat 40 jaar lank die wêreld vol gereis het en sodoende pragstukke versamel het,” sê Cecilia Kruger, besturende direkteur van die VTM.

“Hy verkoop veral fyn Engelse porselein, kuns (Suid-Afrikaans, Russies en Europees), Persiese matte en primitiewe artikels uit hoofsaaklik Sentraal-Asië en Indië.”

Daar is ’n restaurant en verskeie kosstalletjies op die mark, asook parkering vir persone met rolstoele.

Meer oor:  Voortrekkermonument
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.