Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dagboek
Dagboek vir Beeld Metro-Noord

13 September: Die duo Marius en Vernette Wessels met hul lekkerluister-melodieë en lirieke tree om 19:00 by die Pierneefteater op. Toegang is R120 vir volwassenes en R80 vir kinders en pensioenarisse. Skakel 012 329 0709 of stuur e-pos na info@pierneefteater.co. za vir meer inligting.

  • 6 September: Die algemene jaarvergadering van Tshwane-kinderwelsyn vind plaas by die NG kerk Stellastraat. Die vergadering begin om 09:00 en Tim Modise sal die gasspreker wees. Stuur ’n e-pos na Hanlie by hanlie@childwelfare.co.za om bywoning te bevestig.
  • 6 en 7 September: Die Croons se vertoning Showtime word by NG Skuilkrans Val-de-Grace gehou. Verskeie kore en asook gaskunstenaars Nádine en Monique Steyn tree saam met Die Croons op. Donderdag tree die junior en senior kore van Laerskool Wonderboom op. Vrydag tree die Laerskool Curro Hazeldean,

    Hoërskool Die Wilgers en Pretoria High School for Girls op. Die vertonings begin altwee dae om 19:00. Kaartjies kos R120 per persoon en kan by Quicket bespreek word.

  • 8 September: Kom ondersteun die organisasie Animal Ambulance wat omsien na diere by Murrayhillweg, noord van Pretoria. Verskeie kunstenaars tree op. Daar is ook stalletjies. Toegang is R50 en kinders onder ses jaar kry gratis toegang. Daar is ook pryse om te wen. Die hekke maak om 09:00 oop. Skakel 083 241 4452 vir nog inligting.
  • 8 September: Die Genealogie- en Familie-Erfenisfees vind om 08:30 by die Atrium van die NG Lynnwoodrif-gemeente plaas. Die publiek word uitgenooi om hul vrae en bekende leidrade oor stambome en familie-herkoms te bring en stukke van hul familie-legkaart te vind. Toegang is gratis. Besoek http://isabelgroesbeek.wixsite.com/expo vir meer inligting.
  • 8 September: Kom vier Erfenismaand by die Sammy Marks-mu-seum. Leer meer oor die musiek van die Marks-gesin en die wild en ander diere wat op die plaas Zwartkoppies aangetref kan word. Kaartjies kos R10 per persoon en die geleentheid begin om 09:00. Daar sal stalletjies met eetgoed en vermaak wees vir die hele gesin. Huistoere word elke uur aangebied. Vir navrae bel Dineo by 012 755 9542.
  • 9 September:Die Pretoria-simfonieorkes onder die dirigentskap wat Schalk van der Merwe tree om 14:30 by die Leriba-hotel in Centurion op. Kaartjies kos R250. Bespreek by Computicket.
8 September: Die CMV-groep in Pretoria bied hul vyfde potjiekoskompetisie ten bate van die Beeld-Kinderfonds aan. Die akteur Ben Kruger is een van die beoordelaars. Dit kos R2 500 vir ’n span om in te skryf en alle gelde gaan aan die kinderfonds. Die kompetisie vind by Olympus Boulevard, Midaslaan 17, Olympus, plaas. Daar is ook goeie musiek en ’n biertent. Bel Nita du Toit by 012 991 4400 vir meer inligting.
  • 14 September: Die Geloftekongres word by De Kroon by die Voortrekkermonument gehou. Van die sprekers is dr. Dioné Prinsloo, Elrica Olivier, prof. Fransjohan Pretorius en Louis Eksteen. Die geleentheid begin om 08:00 en duur tot 15:00. Kaar-tjies kos R120 en R100 vir pensionarisse, wat ’n ligte middagete insluit. Bespreek voor 10 September by navorsing@es.org.za of kontak 012 325 2239. Vir die volledige program besoek www.es.org.za.
Meer oor:  Dagboek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.