Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dagboek
Dagboek vir Metro Beeld-Suid

Johannesburg

  • 15 September: Arbour Café in Rosebank en MangerManje hou hul eerste maandelikse brunch. Die spyskaart bestaan uit Arbour Café se beste disse en Pimm’s-drankies en skemerkelkies. Jy kan van 10:00 tot 12:30 kom of van 12:00 tot 14:00. Dit kos R295 per persoon en besprekings is nodig. Besoek arbourcafe.co.za/reservations of bel 011 788 4111.
  • Driekie Moutinho, ’n maatskaplike werker, praat by die Nasionale Hospitaalnetwerk oor die stryd om oorlewing op grondvlak. Dit begin 09:30 in die MBA-konferensiesentrum in Midrand. Bel Johan by 083 556 8711.
  • 22 September: Mathys Roets sing Leonard Cohen by die Foxwood House in Houghton. Die vertoning begin om 20:00 en kos R150. Studente en pensioentrekkers betaal R120. Van 18:00 kan jy ’n glas wyn en tapas teen R100 geniet. Stuur ’n e-pos aan Theresa by theatre@foxwood.co.za of bespreek jou plek by skybookings.net.

Oos-Rand

  • Dinsdae tot Sondae: Besoek die lugvaartmuseum by die Randse Lughawe in Germiston. Besoekers kan by die enorme Boeings ingaan en tydens die begeleide toere baie kennis opdoen. Toegang kos R40 vir volwassenes en R25 vir kinders jonger as 18. Daar is ’n eetplek langsaan met ’n goeie uitsig van die lughawe en die vliegtuie wat opstyg en land. Die deure open om 09:00. Skakel die kantoor by 076 879 5044 vir meer inligting.
  • 12 September: Kom beleef hoe laer- en hoërskole sake uitspook in die Revuekompetisie vir die titel van Beste Revue 2018. Die finale ronde is om 18:00 by Carnival ­City-casino se Big Top Arena. Kaartjies is by Computicket beskikbaar. Revue-ouers kan weer eens by die onderskeie skole bespreek.
  • 23 en 24 September: Ter viering van Erfenisdag bied die Carnival City-casino plaaslike entrepreneurs die geleentheid om hul produkte uit te stal. Die mark bestaan uit ’n verskeidenheid van stalletjies met tuisgemaakte goedere, klere, juwele en huisware. Die Erfenismark is van 10:00 tot 18:00 oop. Toegang is gratis. Indien jy wil uitstal, kan jy Claire by 083 417 7020 bel of ’n e-pos aan info@empireinc.co.za stuur.
  • 27 September: Ondersteun Beeld-Kinderfonds se gholfdag by die Benoni-buiteklub. Geld wat ingesamel word, sal gebruik word om kinders in nood se lewe te verbeter. Dit kos R3 600 per vierbal en dit sluit in Puma-gholfhemde, gholfkarretjies, middag- en aandete, asook lekker pryse vir die wenspanne. Elma Smit is die seremoniemeester by die prysuitdelingsete.
  • 28 September: Bok van Blerk tree om 19:00 by die Gereformeerde Kerk Mooifontein in Kempton Park op. Kaartjies beloop tussen R120 en R150. Skakel 072 152 0310 vir meer inligting.

Vaaldriehoek

  • 15 September: Kom loer in by die Walkerville-Landbougenootskap se Country Market. Daar is talle interessante stalletjies met lekker eet- en drinkgoed. Bel Ivan by 084 590 2312 of Pauline by 016 590 4228 of stuur ’n e-pos aan info@walkervillesa.co.za vir meer inligting.
  • 19 en 20 September: Radio Raps se nuwe vertoning is by die Barnyard-teater in Vereeniging te sien. Dit begin om 20:00. Kaartjies kos R170 en kan by barnyardvereeniging.co.za bespreek word.

Wes-Rand

  • 14 en 15 September: Local is mos lekker! Daarom bied die Silverstar-casino in Krugersdorp die Groot Gees-fees aan. Teen R50 kan jy Afrikaans in styl vier en sommer ’n gratis bier, ’n glas wyn of koeldrank kry. Jy kan sokkie, tradisionele boerekos eet, die kunsvlytstalletjies besoek en rugby kyk. In die speelarea kan jou kinders hulself vermaak.
  • 21 September: Kom geniet die goeie kos en musiek by die Musical A’fare. Dit word deur For Goodness Sake Bistro in Muldersdrift gehou. Highway Jam gaan jou vermaak met ’n mengsel van desert blues, rockmusiek en jazz-improvisasies. Dit begin om 19:00. Toegang kos R110 en sluit kos en drankies uit. Kry jou kaartjie by quicket.co.za.
  • 22 September: Die Hervormde Kerk Sionspoort in Randfontein en EPR Sekuriteit bied ’n pretdag aan, kompleet met ’n 4x4-uitdaging wat drie moeilikheidsgrade bied. Daar is die heeldag heerlike kos en vermaak. Bel Johan Booysen by 082 447 4859 of besoek epr4x4.co.za vir meer inligting.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.