SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Dagboek
Dagboek vir Pretoria

13 September: Die Lekkerlag- sosiale groep bied hul maandelikse deelnemende storievertellingsaand aan rondom ’n kampvuur by ’n restaurant in Moreletapark. Toegang is gratis, betaal net eie drank en kos. Die tema is Afrika en die inleier is die bekende Francois Marais van die gewilde televisiereeksVoetspore. Bel Johann Broodryk by 083 432 9052.

12 September: Steve Hofmeyr, Robbie Wessels en Sorina tree Saterdag by die Atterbury-teater in Lynnwood op. Die vertoning begin om 19:00. Kaartjiepryse wissel tussen R160 en R200 en kan by Computicket bespreek word. Vir meer besonderhede stuur ’n e-pos na info@atterburytheatre.co.za.

13 September: Die duo Marius en Vernette Wessels met hul lekkerluister-melodieë en lirieke tree om 19:00 by die Pierneefteater op. Toegang is R120 vir volwassenes en R80 vir kinders en pensioentrekkers. Skakel 012 329 0709 of stuur ’n e-pos na info@

pierneefteater.co.za vir meer inligting.

14 September: Die Geloftekongres word by De Kroon by die Voortrekkermonument gehou. Van die sprekers is dr. Dioné Prinsloo, Elrica Olivier, prof. Fransjohan Pretorius en Louis Eksteen. Die geleentheid begin om 08:00 en duur tot 15:00. Kaartjies kos R120 en R100 vir pensioentrekkers, wat ’n ligte middagete insluit. Bespreek voor 10 September by navorsing@es.org.za of kontak 012 325 2239. Vir die volledige program besoek es.org.za.

15 September: Die Olifants River Lodge in Middelburg bied ’n 4x4-dag aan ter ondersteuning van die Xeroderma Pigmentosium Society. Bel Jacky of Priscilla by 082 892 3029 of 082 894 3134 of besoek olifantsriver-lodge.co.za.

16 September: Pretoria FM is vanjaar 25 jaar oud. Om dié mylpaal te vier word ’n fees- en dankdiens gehou. Die erediens word om 18:00 in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument gehou. Hennie Koortzen is die gasheer en die erediens word deur dr. Christo Pretorius gelei. Verskeie kunstenaars, onder wie die Magaliesberg-kinderkoor, sal ook tydens hierdie geleentheid optree. Stuur ’n e-pos na fees@pretoriafm.co.za vir meer inligting.

12 September: Kom luister by Die Blou Hond na die Radio Kalahari Orkes. Die vertoning begin om 19:45 en kaartjies kos R180. Besoek blouhond.co.za om te bespreek.

16 September:Driekie Moutinho gesels gedurende die NHN se byeenkoms in die MBA-konferensiesentrum in Midrand oor “Die stryd om alledaagse oorlewing op grondvlak”. Dit begin om 09:30. Vir navrae bel Johan by 083 556 8711.

25 September: Die Magalies-voetslaanklub ontmoet om 19:00 by die Philadelphia Hervormde Gemeente se saal in Lunnonstraat 127, Hillcrest. Al die stapklubs en belangstellendes in die omgewing kom bymekaar, ruil inligting oor staproetes uit en ontmoet nuwe stapvriende. Toegang is R15 vir lede en R20 vir nielede. Besoek magalieshiking.co.za of bel Wilna Loxley-Ford 084 425 5500 vir meer inligting.

Meer oor:  Dagboek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.