Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dagboek
Doendinge
Sven Ruygrok in Equus.

1. MamaMagic bied tot Sondag weer ’n baba-ekspo in die Ticketpro Dome in Randburg, Johannesburg, aan. Of jy nou swanger is of reeds ’n ouer is, daar is iets vir jou. Dit bestaan uit meer as 260 uitstallings, raad deur kundiges en vermaak vir kinders. Dit is vandag en môre van 09:00 tot 18:00 oop en Sondag van 09:00 tot 17:00. Besoek ticketpro.co.za om te bespreek of besoek mamamagic.co.za vir meer inligting.

2. Amanda Strydom voer môreaand weer haar “pensioenstuk” State of the Heart in die Theatre in the Park in Deltapark, Johannesburg, op. Die pianis Coenraad Rall begelei haar. State of the Heart is ’n liefdesverhaal oor ’n Engelse vlieënier en ’n boeremeisie, Maxie de Meyer, wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog verlief raak. Maxie is ’n sangeres en om te sing is haar enigste heenkome. Dit gaan oor vooroordeel en vrede maak met mekaar. Soms is dit histeries snaaks en ander tye is dit verskriklik hartseer. Die konsert begin om 20:00 en kaartjies kos R165. Gaste kan daar kos koop van 18:00 af. Bespreek by quicket.co.za.

3. Die dramaturg Peter Shaffer se Equusword tot 26 Mei in die Pieter Toerien-teater by Montecasino in Fourways, Johannesburg, opgevoer. Wat as ’n raaisel vir die gehoor en die sielkundige Martin Dysart (vertolk deur Graham Hopkins) begin, neem hom op ’n ontstellende en insiggewende reis deur die hart en siel van sy jong pasiënt, Alan Strang (Sven Ruygrok). In die proses ontdek Dysart ewe veel van homself. Fred Abrahamse is die regisseur van die produksie, wat ook vroeër in Theatre on the Bay in Kampsbaai opgevoer is. Met sy besoeke is dit veral die psigiater wat weer die vernietigende invloed van passie leer verstaan. Passie vir die lewe, passie vir sy bestaan, en wat verwonderd is voor die krag van die jeug. In die rolverdeling is ook Len-Barry Simons, Cassandra-Tendai Mapanda, Andrew Roux, Maggie Gericke, Marc Goldberg en Monique Basson. Kaartjies kos R100 tot R240. Bespreek by Computicket.

Michèle Levin en Russell Savadier in Odd Man Out.Foto: philip Kuhn

4. Die gewilde Australiese toneelstuk Odd Man Outoor sosiale gedrag is terug op die planke in Johannesburg. Dié verhaal oor twee sosiale uiterstes wat mekaar op ’n bus ontmoet en ’n gesprek aanknoop, duur tot 25 Mei in Theatre on the Square in Sandton. Die dramaturg David Williamson ondersoek in sy stuk onder meer wat normale gedrag behels. Megan Willson is die regisseur wat die stuk na Kaapstad verplaas het. Die rolverdeling bestaan uit Ashleigh Harvey, Daniel Janks, Russel Savadier en Michèle Levin. Vertonings is Dinsdae tot Saterdae om 20:15, met nog ’n Saterdag-vertoning om 17:45. Kaartjies kos R150. Bespreek by Computicket.

5. Met die tema “Die siel van die akademie” gesels prof. Johann Rossouw, verbonde aan die departement filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat, vanaand in die Pierneefteater in Pretoria. Rossouw, onder meer skrywer van die boek Verwoerdburg, vermeng beeld, klank, filosofie en fiksie in die lesing wat ook sy professorale intreerede by Kovsies vroeër vanjaar was. Dit begin om 19:00 en kaartjies kos R120. Skakel 012 329 0709 of stuur e-pos aan info@pierneefteater.co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Doendinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.