Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dagboek
Doendinge in Gauteng
Kate Liquorish en Langley Kirk-wood in Fool for Love. Foto: Brett Rubin

William Shakespeare se Macbeth word tot 9 September in die Pieter Toerien-teater by Montecasino in Fourways, Johannesburg, opgevoer. Die Kaapstadse teatermaatskappy Abrahamse & Meyer, wat verlede jaar die produksie Hamlet aangebied het, se Macbeth word uitsluitlik met ’n mansrolverdeling gedoen. Fred Abrahamse is die regisseur en Marcel Meyer vertolk die rol van Macbeth. Macbeth is tans ’n voorgeskrewe werk vir gr. 12-leerlinge wat Engels as eerste addisionele taal en gr. 11-leerlinge wat Engels as moedertaal neem. Abrahamse & Meyer het Afrika onlangs op die 11de internasionale Shakespeare-fees in Craiova, Roemenië, verteenwoordig, waar hulle Macbeth opgevoer het. Kaartjies kos R100 tot R180. Bespreek by Computicket.

Lefra Produksies se produksie van Fiela se kind is tot Sondag vir oulaas op die planke. Die produksie, gegrond op Dalene Matthee se gelyknamige roman en Shaleen Surtie-Richards in die hoofrol, word in die Atterbury-teater in Pretoria aangebied. Die opvoerings is vandag om 20:00, môre om 15:00 en 20:00 en Sondag om 15:00. Kaartjies kos R140 tot R160. Bespreek by Computicket.

Macbeth word tot 9 September by Montecasino opgevoer.

Die ontslape dramaturg Sam Shepard se toneelstuk Fool for Love, wat in 1984 vir ’n Pulitzerprys benoem is, word tot 9 September in die Mannie Manim-teater in die Markteater in Newtown, Johannesburg, opgevoer. Die regisseur Janice Honeyman, wat ook al voorheen Shepard se Buried Child geregisseer het, sê die teks bevat karakters en omstandighede wat ’n mens vandag nog sal herken. Eddie en May, vertolk deur Langley Kirkwood en Kate Liquorish, is vasgekeer in ’n motelkamer in die Mojavewoestyn in Kalifornië en dis ’n slagveld met ’n warboel van emosies. Die produksie van ongeveer 80 minute speel deurgaans in die motelkamer af. Die ander spelers is Zane Meas en Paka Zwedala. Kaartjies kos R90 tot R150. Bespreek by Webtickets.

Jean Zenan, ’n sanger, liedjieskrywer, komponis en pianis wie se debuut­album, A Perfect Sight, in Februarie uitgereik is, tree môre in die Pierneef­teater in Pretoria op. Hy sing verskillende genres soos rock, pop en jazz. Die konsert begin om 19:00. Kaartjies kos R100. Skakel 012 329 0709 of stuur e-pos aan info@pierneefteater.co.za om te bespreek.

Meer oor:  Dagboek  |  Doendinge  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.