Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dagboek
Doendinge in Gauteng

1. Môreaand snoer die komediante Eugene Khoza, Stuart Taylor en Mark Banks kragte saam in The Comedy Mash-Up in die Arena by die Emnotweni-casino in Mbombela. Hulle raak laf, stout en selfs surrealisties, maar ook gaaf in ’n porsie van eg Suid-Afrikaanse komedie. Die konsert begin om 20:00. Kaartjies kos R150. Bespreek by Computicket. Die adres: Government Boulevard, Riverside Park-iitbreiding, Mbombela.

Loftus MaraisFoto: Alet Pretorius

2. Die akteur Tim Plewman is terug in die gewilde solostuk Defending the Caveman. Dié keer voer hy dit in die Atterburyteater in Pretoria op. Dit word nog net vanaand in die Balalaika in die Protea-hotel in Sandton opgevoer. Defending the Caveman was al voor miljoene mense in meer as 20 lande op die planke. Die stuk beskryf op ’n liefdevolle manier die verskille tussen mans en vroue in ’n verhouding. Tog spreek dit van ’n groter werklikheid: Dit beskryf die rolle en werklikhede in enige verhouding. Dit herinner ons aan wat kosbaar in ons verhouding is. Plewman het die stuk al meer as 1 700 keer opgevoer. Vertonings begin om 20:00 en kaartjies kos R195. Bespreek by Computicket.

3. Die balletproduksie Snow White word tot Sondag in die Teatro by Montecasino in Fourways, Johannesburg, opgevoer. Nicole Ferreira-Dill en Shana Dewey wissel die hoofrol af en Leusson Muniz en Ruan Galdino vertolk om die beurt die prins. Vertonings is vanaand en môreaand om 20:00, môre ook om 14:00 en Sondag ook om 15:00. Kaartjies kos R150 tot R450. Bespreek by Computicket.

Tim Plewman in Defending the Caveman.Foto: Suzy Bernstein

4. Môre speel die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) se Môreglans-ouetehuis in Krugersdorp van 08:00 tot 14:00 gasheer vir ’n pretdag. Dit sluit in ’n pretwedloop, kunsvlyt- en kosstalletjies. Om aan die wedloop deel te neem, kan jy kies om iets te skenk of R20 te betaal. Jy kan ook teen R200 hier uitstal. Bel Janine by 082 322 5093 vir meer inligting.

5. Die digter Loftus Marais gesels vanaand in die Dunkelder-teater in Johannesburg oor sy derde digbundel, Jan, Piet, Koos en Jakob, wat onlangs by Human & Rousseau verskyn het. Met heelparty “biegerige gedigte” en ’n naamlys, byna soos ’n swart boekie, het Marais die bundel baie meer as met sy vorige twee bundels vir homself geskryf.

Die adres: Kentstraat 63, Dunkeld, Johannesburg. Stuur e-pos na rsvp@nb.co.za om te bespreek.

Meer oor:  Doendinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.