Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dagboek
Doendinge in Gauteng

1. Dit is die naweek jou laaste kans om UJ se verhoogproduksie van Franz Kafka se novelle Metamorphosis te sien oor ’n verkoopsman wat op ’n oggend as ’n reuse-insek wakker word. Dit word tot môre in die UJ-teater op die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Aucklandpark-kampus opgevoer.

Die regisseur is Alby Michaels en die spelers sluit in William Harding en Ameera Patel. Dit is vroeër vanjaar by die Nasionale Kunstefees in Makhanda opgevoer. Besoek arts.uj.ac.za om te bespreek.

2. ’n Verhoogverwerking van die Nigeriese skrywer Chigozie Obioma se boek The Fishermen, oor twee broers wat ’n profesie ontvang wat hul familie tot in hul fondamente skud, word tot 4 Augustus in die Markteater in Johannesburg opgevoer.

Die Brits-Nigeriese skrywer Gbolahan Obisesan het dié roman, wat in 2015 op die kortlys vir die Man Booker-prys was, vir die verhoog verwerk en James Ngcobo, artistieke direkteur van die Markteater, is die regisseur. Vertonings in die Mannie Manimteater in die Markteater in Newtown, Johannesburg, duur tot 4 Augustus en kaartjies kos R90 tot R150. Bespreek by Webtickets.

3. Die musiekgroep Ses Snare tree Sondag met die konsert Ses Snare Special in die Atterburyteater in Pretoria op. Die Snare nooi nog drie kunstenaars om te kom saam speel. Mathys Roets, Anna Davel en Jannie Moolman is saam met die manne op die verhoog. Die Ses Snare is Blackie Swart, Leon Ecroignard, Pieter Smith, MD Greyling, Peter Hovene en Rick Swart.

Die konsert sluit in die beste musiek uit die tien jaar wat hulle al bestaan. Elkeen van die gaskunstenaars tree afsonderlik op en later tree almal saam op. Dit begin om 16:00 en kaartjies kos R150 tot R170. Bespreek by iTickets.

4. Wynand van Vollenstee tree vanaand in die Pierneefteater op met Lefra Produksies se Groet die grotman 2.

Dis 20 jaar sedert Groet die grotman die eerste keer in Suid-Afrika opgevoer is. Die grotman van destyds het uitgekruip en is nou meer byderwets.

Hy het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, e-posse, iPhones, Facebook en Twitter.

Van Vollenstee speel die rol wat tien jaar lank met Hannes Müller vereenselwig is. Hy (die grotman) is steeds getroud met Elize en hul kinders is nou tieners met eiesoortige uitdagings. Wat nie verander het nie, is die verskille tussen mans en vroue en dit is dié “ongelykhede” wat sorg vir humor. Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies kos R160. Skakel 012 329 0709 of stuur ’n e-pos aan info@pierneefteater.co.za om te bespreek.

5. Indien jy nie vanjaar die Nasionale Kunstefees in Makhanda kon bywoon nie, het jy die kans om op die 969-fees in Johannesburg sommige van die produksies te sien wat in die Oos-Kaap op die planke was.

Die 969 verwys juis na die 969 km tussen Johannesburg en Makhanda. Dit word by Wits in die Witsteater, die Downstairs-teater en in die amfiteater aangebied. Besoek wits.ac.za/witstheatre/ vir die volledige program en bespreek by Webtickets.

Meer oor:  Doendinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.