Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dagboek
Doendinge in Gauteng die naweek

* Besoek die Ngwenya Glass Village op die hoek van Beyers Naudé-rylaan (M5) en die Diepslootpad (R114) in Muldersdrift. Die Ngwenya-glasfabriek is ook hier geleë – jy kan kyk na die antieke kuns van glasblaas en 12 winkels vol koopware is deel van die aanbod. Jy kan gerus ook vir ete aansit in die aangrensende restaurant, Barefoot Kitchen. Skakel 011 769 3012 vir meer inligting. Dit duur van 09:00 tot 16:00. Parkering is gratis.

Jervis Pennington.

* Die lelike eendjie word vandag en môre deur weeKIDZ Produksies in die Pierneefteater in Pretoria aangebied. Vertonings begin om 10:00. Kaartjies kos R60 vir kinders en R70 vir volwassenes. Skakel 012 329 0709 of stuur ’n e-pos aan info@pierneefteater.co.za om te bespreek.

Die Ngwenya Glass Village in Muldersdrift.

* Aladdin word die naweek in die Atterburyteater in Pretoria deur O.A.K. Youth Theatre aangebied. Die produksie spog met 45 jong akteurs wat gestalte gee aan die bekende verhaal met ’n paar unieke kinkels in die kabel. Aladdin (Miguel de Sampaio) kan net nie vrede maak met sy middelmatige leefstyl nie en droom van ’n lewe van weelde en rykdom. Nadat sy paaie kruis met dié van die pragtige prinses Jasmin (Eldirè Strauss) word hy in die tronk gegooi. In ruil vir sy vrylating, probeer die slu Zahar, die koning se adviseur, Aladdin oorreed om ’n lamp uit die Grot van Wonders op te spoor.Hierdie ekspedisie sal Aladdin se lewe aangrypend verander. Matthew Otto, voorheen Gaston in Beauty and the Beast, vertolk die rol van Genie. Vertonings is vanaand om 20:00 en môre om 11:00, 15:00 en 20:00. Kaartjies kos R140 tot R160. Bespreek by iTickets.

* Dit is hierdie naweek jou laaste kans om die komedie Call Us Crazy waarin Suid-Afrika vir homself lag in die Theatre on the Square in Sandton in Johannesburg te gaan kyk. Dié produksie, deur Josias Dos Moleele, ook die regisseur en een van die spelers, gee ’n humoristiese blik op die Suid-Afrikaanse lewe, onder meer in die plakkerskampe, landelike sowel as stedelike gebiede. Die ander spelers is Sello Sebotsane en Marietjie Bothma. Vertonings is Vrydag om 20:15 en Saterdag om 18:00 en 20:15. Kaartjies kos R150. Bespreek by Computicket.

* Jervis Pennington se musikale memoires, An Extraordinarily Ordinary Life, word tot 14 Julie in die Barney Simonteater van die Markteater in Newtown, Johannesburg, opgevoer. An Extraordinarily Ordinary Life deur Authentik Productions is ’n persoonlike narratief, filosofie en sosiale satire. Pennington het dit reeds in 2018 ook opgevoer – sy eerste keer op die verhoog sedert die 1980’s. Hy is bekend om sy musiekspel Scribble waarvan een van die speelvakke in die einste Barney Simon-teater aangebied is. Hy het in 1983 die televisietalentkompetisie Follow that Star met sy boy band The Soft Shoes en hul lied “Elvis Astaire” gewen. Vertonings is Dinsdae tot Saterdae om 20:00 en Sondae om 15:00. Kaartjies kos R90 tot R150. Bespreek by Webtickets.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.