Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dagboek
Doendinge in Gauteng die naweek
Hannes van Wyk

Die akteur en Kwêla-aanbieder Hannes van Wyk gesels môre tydens ’n damesoggend in Potchefstroom by die NG kerk Potchefstroom-Wes. Hy gebruik die titel van sy boek Vroue na aan my hart vir sy praatjie. Dit begin 10:30 vir 11:00. Dit kos R150, wat ’n ete insluit. Skakel 018 294 5183 of stuur ’n e-pos aan ngpotchwes@telkomsa.net om te bespreek.

Die Band for Bricks-konsert met kunstenaars soos Anton Goosen, Koos Kombuis, Valiant Swart, Beeskraal, ddisselblom en Klopjag word Sondag, 14 Julie, in die Sun Arena in Pretoria gehou. Johrné van Huyssteen is die organiseerder van die konsert waarvan die opbrengs geskenk word aan SA Cares for Life, die Beeld-Kinderfonds en Groot FM se #HOOPstoot-projek, wat onder meer die gemeenskap van Plastic View in Pretoria ondersteun. Die gehoor word ook gevra om komberse, mieliemeel en blikkieskos by die konsert in te handig. Dit begin om 12:00. Kaartjies tussen R300 en R350 kan op www.itickets.co.za bespreek word. Die ouderdomsbeperking is tien jaar.

Die mens se innerlike en fisieke word teen mekaar opgeweeg in die verhoogproduksie van Franz Kafka se novelle The Metamorphosis oor ’n verkoopsman wat op ’n oggend as ’n tamaai insek wakker word. Dit word op die Nasionale Kunstefees in Makhanda (Grahamstad) einde vandeesmaand en van 11 tot 20 Julie in die UJ-teater opgevoer. Die UJ-produksie is verlede jaar ook in Johannesburg opgevoer waar gehore genooi is om agterna skriftelik kommentaar te lewer. Besoek arts.uj.ac.za om te bespreek.

Sima Mashazi.

My Miriam Makeba Story, wat ’n Kanna as beste musiekproduksie by die KKNK gewen het, is môre in die Pierneefteater in Pretoria op die planke.

Dié produksie is met Sima Mashazi en Ramon Alexander (klavier). Dit was ’n groot treffer by die Kaapse Suidoosterfees waar meer as 400 kaartjies verkoop is. Mashazi het vanjaar die Kanna-prys vir die beste musiekproduksie by die KKNK gewen. Dit begin om 19:00 en kaartjies kos R130 tot R140. Skakel 012 329 0709 of stuur ’n e-pos aan info@pierneefteater.co.za om te bespreek.

Die gewilde Wits Trio tree môre in die St. Peter’s College met hul musieksoirée in Sunninghill op. Die trio, bestaande uit Malcolm Nay op klavier, Susan Mouton op tjello en Zanta Hofmeyr op viool, het hulle as ’n prominente kamermusiek-ensemble gevestig. Die program bestaan uit Beethoven se klaviertrio in C mineur, op. 1, no. 3, Brahms se klaviertrio in B majeur, op. 8, no. 1, en ’n tango deur Piazzolla. Die konsert begin om 16:00 en kaartjies R200. Besoek tixsa.co.za om te bespreek.

Meer oor:  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.