Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dagboek
Gautengers, hou julle besig hiermee die naweek
Coenraad Rall en Amanda Strydom.

Amanda Strydom tree Sondag in die Etienne Rousseauteater in Sasolburg op.

Sy vier vanjaar 39 jaar in die vermaaklikheidsbedryf. In dié konsert sing sy liedjies uit haar groot repertorium van haar albums en ook ballades in Frans, Engels en Nederlands. Oudergewoonte weef sy stories en poësie tussendeur die musiek en dek die hele spektrum van die skreeusnaakse tot roerende patos. Sy word begelei deur die pianis Coenraad Rall.

  • Die konsert begin om 15:00. Kaartjies kos R150. Bespreek by Computicket.

The Sound of Music duur tot 29 April in die Teatro by Montecasino in Fourways, Johannesburg.

Luister weer na die musiek deur Rogers en Hammerstein soos “Do Re Me”, “Climb Ev’ry Mountain”, “The Sound of Music” en “The Lonely Goat­herd” in dié produksie met Carmen Pretorius as Maria en André Schwartz as kaptein Von Trapp.

Maria wil ’n non word, maar sy pas nie by die klooster in nie en die moederowerste stuur haar om vir ’n tydperk as kinderoppasser by die Von Trapp-gesin te werk buite Salzburg, Oostenryk.

  • Kaartjies kos R150 tot R500. Bespreek by Computicket.
Litha Bam en Sechaba Morojele in Green Man Flashing.Foto: Philip kuhn

Die toneelstuk Green Man Flashing deur Mike van Graan is tot 12 Mei op die planke in die Theatre on the Square in Sandton. Dié stuk, met Malcolm Purkey as regisseur, handel onder meer oor ’n politikus wat ’n verkragtingsaak teen hom het. Dit is in 2004 vir die eerste keer by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad opgevoer. Lank voordat daar sprake was van ’n verkragtingsaak teen oudpres. Jacob Zuma, het dié stuk die verhoog gehaal. Die spelers sluit in David Dennis en Kate Liquorish.

  • Vertonings is Dinsdae tot Saterdae om 20:15, met nog ’n Saterdag-vertoning om 18:00. Kaartjies kos R75 tot R150. Bespreek by Computicket.

Affinity – Spirit of Scotland is ’n konsert van Skotse musiek en danse in die Lyricteater by Gold Reef City in Johannesburg.

Met musiekverwerkings deur Eddie Clayton sluit die program in uitvoerings deur die Johannesburg Youth Orchestra Company, die groot Suid-Afrikaanse doedelsakorkes The Transvaal Scottish Pipes and Drums, asook musikante van Skotland en die Suid-Afrikaanse sangers Zita Pretorius en Timothy Moloi.

  • Vertonings begin om 20:00. Kaartjies kos R200 tot R385. Bespreek by Computicket.

Dawid Minnaar hervat sy rol in Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran die naweek. Dit word môre en Sondag in die Atterburyteater in Pretoria opgevoer.

Dit vertel van Momo, ’n gekwelde Joodse seun wat ’n onwaarskynlike vriend vind in Monsieur Ibrahim, ’n eensame Moslem-winkelier. Momo se verhaal begin wanneer hy op 11 sy maagdelikheid in ’n bordeel verloor. Ibrahim leer die seun dat daar meer aan die lewe is as prostitusie en kruideniersware steel. Ná die dood van Momo se pa, ’n aggressiewe man wat sy seun verwaarloos het, neem Ibrahim die kind aan. Hulle reis deur Europa na Monsieur Ibrahim se geboorteplek en dit bring hulle albei by ’n kruispad. Die belangrikste lesse oor lewe en dood in die snaakse en voortreflike verhaal word geleer wanneer ’n mens dit die minste verwag.

  • Optredes is môre om 20:00 en Sondag om 17:00. Kaartjies kos R140 tot R160. Bespreek by Computicket.
Meer oor:  Amanda Strydom  |  Teater  |  Dagboek  |  Doendinge  |  The Sound Of Music  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.