Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dagboek
Kom klink ’n glasie op die liefde

Donderdag is Valentynsdag en Vrydagaand vier ons dit in styl by die Beeld-Kinderfonds se Valentynsdinee en -dans by Union Caterers Utopia Place in Lynnwoodweg, Pretoria.

Kom vier Vrydagaand die liefde by die Beeld-Kinderfonds se Valentyns-dinee en -dans. Foto: pexels.com

Dit gaan ’n spoggerige affêre wees wat jou en jou geliefde se voete onder julle gaan uitslaan. Die spyskaart bestaan uit nie minder nie as ses gange en die vermaak is voortreflik, met Nádine, Nianell en Ampie, en ’n gasverskyning deur Toanette Els van Boer soek ’n vrou en Ben Kruger (Okkie Ferreira) en Daniah de Villiers (Trudie Ferreira) van Binnelanders.

Trek jou mooiste aanddrag aan en kom klink saam met vriende en familielede ’n glasie op die liefde.

Die koste is R550 per persoon. Gaste sit by tafels van agt, 10 of 12 mense. Tafelwyn is ingesluit.

Verskeie items, onder meer twee skilderye deur die bekende Pretoriase skilder Anton Gericke en wegbreek-vakansies, gaan opgeveil word.

  • Al die wins van die geleentheid gaan aan projekte wat behoeftige kinders in ons land help om uit ’n kringloop van armoede en afhanklikheid te kom. Bespreek plek by 076 597 1282 of info@beeldkinderfonds.co.za.
Meer oor:  Valentynsdag  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.