Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dagboek
Oppiwater spog met 50 produksies

Lefra Produksies en RSG se sesde Oppiwater Kunstefees vind vanjaar van 15 tot 19 April op die MSC Musica-skip plaas en meer as 50 vertonings kan op dié bootreis gesien word.

Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm is in die vertoning Drie susters te sien.

Die boot vaar van Durban na Mosambiek en besoek die eiland Pomene.

Volgens Frans Swart gaan dit “die lekkerste kunstefees­ in die hele wêreld wees” omdat mense hulle vir vier dae glad nie hoef te bekommer oor parkeerplek, slaapplek of vervoer tussen vertonings nie.

“Jy stap uit jou kajuit na ontbyt, dan gryp jy ’n vinnige mengeldrankie en gaan kyk jou eerste produksie. Dan is dit tyd vir koffie en koek.

“Daarna kom jou tweede vertoning aan die beurt. En nou is jy honger – so, middagete kruip nader. Jy kan besluit of jy in die formele re­staurant of by die buffet wil gaan eet.

“As jy dalk laat is vir nog ’n opvoering, kan jy sommer ’n vinnige pizza, hamburger of worsrolletjie gryp.”

Daarna is dit tyd vir die middagvertonings. Tussen-in kan jy asem skep en die vertonings wat jy gesien het op die dek bespreek. Ná aandete is dit tyd vir die aandvertonings, wat tot laatnag aangebied word.

Swart sê kaartjies is bekostigbaar en daar is selfs ’n skryfkursus wat op die boot deur prof. Hans du Plessis aangebied word.

As jy dalk laat is vir nog ’n opvoering, kan jy sommer ’n vinnige pizza, hamburger of worsrolletjie gryp.

Ander kunstenaars en vertonings waaruit mense kan kies, is onder andere Amanda Strydom met haar State of Heart-konsert, Anna Davel in konsert, The Buddy Holly Story, Christo Snyman, Johny Klein, Pieter Smith, Rina Hugo saam met haar man, Johan, en seun, Riaan, Brendan Peyper, Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm in die vertoning Drie susters, Sima Mashazi, Malcolm Gooding, Cobus Venter in Groet die Grotman 2 en Alwyn Oberholster in Goue oues 2, Helena Hettema met haar Franse legendes, Pieter Smith en Christo Snyman met hul huldeblyk aan Groep Twee en Helenè Bester sing Nana Mouskouri.

Vorige jare se Oppiwater Kunstefeeste het uitverkoop. Bespreek op oppiwater.co.za of bel MSC by 0860 11 44 11.

Vir meer inligting, stuur e-pos na oppiwater@rsg.co.za.

Meer oor:  Musiek  |  Kunstefees  |  Oppiwater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.