Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dagboek
Skrywers terug op die KKNK-program
Daniel Hugo Foto: Marlene Malan

Die digter en ver­taler Daniel Hugo is vanjaar aan die hoof van die boeke­program op die Klein Karoo ­Nasionale Kunstefees wat van 24 tot 30 Maart in Oudtshoorn aangebied word.

Volgens Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste On­beperk wat vir die fees verantwoordelik is, belê die KKNK vanjaar opnuut in die bekendstelling van skrywers en boeke met die “aanbied van ’n baie meer substansiële skrywers­program as in die onlangse ­verlede”.

Die sentraal geleë ATKV-boekwinkel, in die Rembrandt­saal in die CP Nel-museum, is die lokaal vir die reeks van 21 gesprekke, wat deur Hugo saam­gestel is. Deelnemende skrywers sluit in Willie Esterhuyse, Petra Müller, vanjaar die ontvanger van die Afrikaans Onbeperk-prys vir haar lewensbydrae, ­Johan Bakkes en Theuns Eloff, sowel as skrywers uit die omgewing, soos Johan Fourie, David Piedt, André Boezak, Hannes Visser en Susan Ongansie. “Om ’n liefde vir boeke onder die jongspan aan te moedig, word kinderboeke elke oggend voorgelees. Alle boekgesprekke is gratis, danksy die ondersteuning van die uitgewers en Het Jan Marais Nationale Fonds.”

Daagliks op die fees sal drie gesprekke met skrywers gevoer word, telkens gelei deur Hugo. Onder die boekbekendstellings is: Bakkes se reisverhaal, Open­baring, Eloff se Wat Nou, Suid-Afrika?, ­Regardt van den Bergh se biografie Dis Nie Luck Nie – Net Genade, Leon van Nierop se Daar Doer in die Fliek en Pienkes du Plessis se Robbie Se Broer Se Roer en ­Ander Jagstories.

Wat die saamstel van die program betref, sê Hugo, skrywers van wie boeke onlangs verskyn het, is genooi. “Verskeidenheid is belangrik, daarom is daar ­volwasse- en jeugfiksie, drama, poësie, religie, geskiedenis, biografie, kookkuns en aktualiteit.”

Verder is nie net hoofstroomskrywers genader nie, maar ook skrywers van Oudtshoorn en omgewing soos die digter en koerantredakteur Visser, die kortverhaalskrywer, digter en onderwyseres On­gansie, die plaaslike geskiedskrywer en gemeenskapsleier Piedt, die digter en gemeenskapsleier Poem Mooney en Boezak, ’n digter, kortverhaalskrywer en predikant.

“Gehore kan lewendige gesprekke gelei deur kundiges verwag. Soms bestaan die gesprekke uit twee skrywers, soos ­Esterhuyse wat gesels met Eloff, en Van Nierop wat met Van den Bergh praat.”

Meer oor:  Kknk  |  Boeke  |  Daniel Hugo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.