Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dans
‘Burn the Floor’ kom weer na SA
’n Toneel uit een van die bruisende Burn the Floor-produksies.

Diegene wat nog nie die Burn the Floor-dansvertonings gesien het nie, én diegene wat dit ken, kan uitkyk vir dié geselskap se vierde Suid-Afrikaanse toer in Augustus en September.

Burn the Floor is dans op steroïede, ’n frenetiese, sprankelende, bruisende aanbieding wat jou as kyker na jou asem laat snak. Met die subtitel “The Rebel Tour”, kan groter intensiteit van vanjaar se aanbieding verwag word.

“Rebel” verwys in hierdie geval na die rebelle van baldans, want waar dié danskuns ophou, daar begin Burn the Floor. Dié dansers, wat internasionaal met die hand uitgesoek word, is passievol, sexy en voer bewegings uit wat nie maklik nageboots kan word nie.

Een Suid-Afrikaner is ook in die groep, die Suid-Afrikaanse Latyns-Amerikaanse danskampioen Kylee Brown.

Die musiek waarop die danse uitgevoer word, sluit van Rag and Boneman, James Brown, Aretha Franklin, Santana en Janis Joplin tot Led Zeppelin in. Lelo Ramasimong, ’n finalis in die televisiereeks The Voice SA, sal die sang in sekere nommers verskaf.

Die idee vir Burn the Floor het op sir Elton John se 50ste verjaardagpartytjie in 1997 gestalte geneem waar bal- en Latyns-Amerikaanse dansers ’n vertoning gelewer het. Die vervaardiger Harley Medcalf was so beïndruk met die charismatiese dansers se dissipline, toewyding en brandende liefde vir hul kunsvorm dat sy dit vir ’n teateraanbieding ingespan het.

Aanvanklik was die dansgemeenskap die josie in. Hulle het in die jare voor TV-programme soos Strictly come Dancing en Dancing with the Stars hul kuns agter toe deure beoefen.

Die eerste Burn the Floor-uitvoering was in 1999 in Engeland. Ná besoeke aan 30 lande en meer as 160 stede is hul grootste droom bewaarheid – om baldans na Broadway te neem. Daarna het twee lang en suksesvolle speelvlakke in Londen se West End gevolg. Internasionale toere het ook voortgegaan.

Toerdatums:* Kaapstad, Baxter-teater: 8 tot 17 Augustus. Die kaartjies kos van R180 tot R310 by Webtickets of die teater by 086 191 5800 of aanlyn by www.baxter.co.za.

* Johannesburg, Emperors Palace: 22 Augustus tot 8 September. Die kaartjies wissel van R280 tot R520 by Computicket.

* Durban, Sibaya Casino and Entertainment Kingdom: 12 tot 29 September. Die kaartjies kos R285 by Computicket.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Dans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.