Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dans
Dans kry platform op Woordfees
Marie Vogts Foto: Lindsey Appolis

Dans gaan van volgende jaar af ’n stewige platform op die Toyota US Woordfees in Stellenbosch kry.

Volgens Marie Vogts, die kurator van dié dansplatform, is die idee om ’n “dans-broeikas” te skep waar verskeie dansers oor verskillende genres heen saamwerk.

Dansgeselskappe het tot 26 Julie om voorleggings hiervoor te doen.

Danksy dié platform sal dans ander gehore kan bereik, en Vogts hoop om dans as genre op die fees te laat groei sodat dit net so sterk in aanbod is as teater en musiek.

Dans as universele taal is volgens haar onderliggend aan al wat kunsproduksie is.

“Dit is die fynkuns van hoe mense beweeg. Dans is nie net mooi passies nie.

“Dié nuwe kategorie skep die geleentheid om na ander gehore uit te reik. Dans is ’n universele taal wat jou op ’n emosionele reis neem.”

Waar Suid-Afrikaanse dansers groot aftrek oorsee kry, is dit omtrent net op die Nasionale Kunstefees op Makhanda (Grahamstad) en die jaarlikse Danssambreel in Gauteng waar die werk van plaaslike danssterre soos Vincent Mantsoe, Dada Masilo, Kitty Phetla en Gregory Maqoma gesien word.

“Wat Suid-Afrikaanse dansers so fenomenaal maak, is dat ons gereeld in Suid-Afrika met klein begrotings werk en nie kan skuil agter die groot vertoon van stelle nie; dus is die plaaslike talent eintlik soveel beter as internasionale dansers.

“Legendes soos Mantsoe en Masilo is ongelooflike eietydse dansers, wat die kontemporêre vermeng met inspirasie uit verskeie kulture, dit is wat hul werk so uniek maak.”

Vogts sal nou saam met die Woordfees-span en die verskillende dansers werk om die platform te vestig.

“Dit sluit samewerking met mense met ’n agtergrond in byvoorbeeld fotografie, film en die visuele kunste in. Daar sal ook ’n uitreik-aksie na gemeenskappe in en om Stellenbosch en werksessies wees.

“Ons soek veral dans met ’n verhaallyn. Nadat daar deur die aansoeke gesif is, sal daar besluit word of daar op ’n kunstenaar gefokus gaan word en of daar nog dansgeselskappe genader moet word om werk vir die fees te lewer.”

Die Toyota US Woordfees word van 6 tot 15 Maart 2020 aangebied. Rig navrae aan wf2020@sun.ac.za of skakel 087 238 2078 tydens kantoorure.

  • Vogts, ’n onafhanklike vervaardiger en produksiebestuurder, was vyf jaar lank tot in 2017 die uitvoerende direkteur van die Kaapse Youngblood Arts & Culture Development – ’n nieregeringsorganisasie wat fokus op die uitvoerende kunste.

Sy is die vervaardiger van die opera Die vertrek van die regisseur Marí Borstlap en komponis Wilken Calitz, wat binnekort in Kaapstad by die Youngblood-lokaal in Breëstraat op die planke is.

Sy verteenwoordig onder meer die Figure of 8 Dance Collective van die dansers en choreograwe Grant van Ster en Shaun Oelf.

Meer oor:  Dans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.