Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dans
Danser Yaseen Manuel wen groot prys op Jomba!
Yaseen Manuel in sy danswerk Maktub.

Die Kaapstadse danser en choreograaf Yaseen Manuel het ná die naweek met ’n groot prys huis toe gekom toe die Pick of the Fringe op die Jomba! Kontemporêre Dansfees in die Elizabeth Sneddon-teater in Durban aan hom toegeken is.

Sy danswerk Maktub het die beoordelaars, die bekende Suid-Afrikaanse dansskepper Musa Hlatshwayo, veteraan-dansskrywer Adrienne Sichel en prof. Ketu Katrak van die dramadepartement aan die Universiteit van Kalifornië besonder beïndruk.

Die prys behels ondersteuning en die geleentheid om ’n nuwe werk volgende jaar op die Jomba-fees op te voer.

Maktub gaan oor ’n mens wat geen doel op aarde het nie en dan ondersoek instel na die moontlikhede wat geloof bied.

Manuel, wat 18 jaar oud was toe hy begin dans het, beeld as choreograaf graag stories uit wat hy uit sy eie spirituele en persoonlike lewe put.

Hy vryskut tans, maar was vroeër ’n lid van Kaapstad se Jazzart- en die Unmute-dansteater.

Manuel sê hy is dankbaar dat die prys hom die geleentheid gee om dieper te delf vir storielyne vir nuwe werke. Hy glo ’n prys is die bewys dat jy opreg lief is vir jou werk.

  • Kapenaars kry kans om Maktub op die Baxter-dansfees te sien wat van 26 September plaasvind. Unraveled, ’n samewerkingsproduksie deur Manuel, sal ook te sien wees.
Meer oor:  Jomba! Kontemporêre Dansfees  |  Dans  |  Kuns  |  Yaseen Manuel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.