Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dans
Hip-hop en straatdans is te geniet, nie te verstaan

Jy hoef dit nie te verstaan nie. Geniet dit net. Dis die mening van Brian Notcutt wat op 62 intens betrokke is by straatdans, hip-hop en alles wat hiermee te doen het.

“Nee,” keer hy vinnig en lag lekker. “Ek kan nie die moves doen nie, maar ek kan die genot verstaan en ek kan talent raaksien.”

Brian Notcutt.

Notcutt is die regisseur van die produksie Cape Town’s Most Wanted waarin daar op die verhoog van die Kunstekaapteater die beste van Kaapstad se straatdansers en hip-hopdansers gewys word. Dit word vanjaar vir die agtste keer aangebied. Elke jaar word die kaartjies uitverkoop en vanjaar is die aanvraag so groot dat die program vier keer herhaal word.

Notcutt het met die dansgroepe begin werk in Theatre in the District saam met straatdansers en ander wat op klein skaal sommer in motorhuise gedans het. In die ou klipgebou het hy begin om aan hulle vaardighede te skaaf en ’n plek te gee om op te tree. Op groter skaal het hulle een jaar in die Kaapstadse stadsaal opgetree en toe het die bestuur van die Kunstekaap vir hulle plek aangebied. Wat begin het met sowat 40 dansers, trek vanjaar by 230.

Die lede van die dansgroep Primitive.

“Dis nie ’n kompetisie nie,” sê Notcutt. “Dit was nogal belangrik om dit by hulle tuis te bring. Die dansers is gewoond daaraan dat groepe mekaar uitdaag. Nou kom almal saam op een verhoog waar hulle na mekaar se werk kan kyk en leer.

Densley Carolissen, die leier van Paradigm, in ’n intense oomblik tydens een van hul danse.Foto: Bradley Urio

Waar daar eers net gedans is, leer hulle nou hoe beligting werk en dat die musiek wat hulle gebruik ’n struktuur moet hê.

“Die eerste keer wat hulle gevra is na wat hulle in beligting wil hê, het hulle gesê die ligte moet aan wees. Verder dat ’n kollig op hulle moet val. Alles is nou al baie meer gesofistikeerd.”

Vanjaar is hulle gevra om uit twee temas te kies – deure en die toekoms.

“Dis baie interessant om te sien hoe elke groep en choreograaf die konsepte verskillend interpreteer. ’n Mens verstom jou ook aan die unieke bewegings en kreatiwiteit.”

Cape Town’s Most Wanted is van 7 tot 9 Junie in die Kunstekaap-teater te sien. Daar is drie aandvertonings en ook ’n middagvertoning op 9 Junie. Van die groepe wat optree is Untimitive, Basic Black, B2D, Paradigm, Shifters, Rebel Squad en JJDC. Hulle kom van oor die hele Kaapstad en omliggende gebiede.

Meer oor:  Hip-Hop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.