Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dans
Kirvan op gala van ballet gehuldig
Celeste Botha en Marlin Zoutman huldig hul vriend en danskollega Kirvan Fortuin op die gala-aand van die Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie (SAIBC). Foto: Nardus Engelbrecht

Die ontslape Kaapse danser en choreograaf Kirvan Fortuin word Saterdagaand gepas en op spesiale wyse gehuldig op die gala-aand van die Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie (SAIBC). Twee dansers gaan ’n duet dans uit Fortuin se hoogaangeskrewe dansstuk Katrina: Die dansende taal.

Die afgelope week het 155 dansers van 28 lande dit uitgespook vir geldpryse, beurse en studiebeurse van balletskole en somerprogramme in die gesogte kompetisie. 

Ouma Katrina Esau is die laaste mens wat nog die oertaal N|uu kon praat. In die menslike stuk het sy haar lewensverhaal in haar eie woorde vertel met aangrypende musiek gekomponeer deur Coenie de Villiers en choreografie van Fortuin.

Saterdagaand dans Celeste Botha en Marlin Zoutman van die New World Dance Theatre ’n duet uit die stuk. Botha vertel dat hulle vriende en kollegas was van Fortuin en dat hulle dikwels saamgewerk het. Hy was onder meer by New World Dance Theatre se opleidingsprogram vir jong dansers betrokke. Die hoogtepunt was toe hulle saam na Rotterdam gereis het om daar te dans by die Afrikaanse Kunste in Amsterdam-fees te dans.

“Hy het altyd grense verskuif en geveg vir die regte van kunstenaars, veral die gemarginaliseerde kunstenaars. Hy was ook ’n uitgesproke aktivis vir LGBTQI-regte. Mag sy nalatenskap voortleef in die ontelbare jong mense wie se lewe hy met sy hartstog en geesdrif geraak het,” sê Botha.

Kirvan het in Rotterdam dans aan die Codarts-Universiteit van die Kunste bestudeer en het al op talle Europese verhoë gedans.

Fortuin (28) is verlede maand in sy tuisbuurt, Macassar, met ’n mes doodgesteek. Die gala-aand begin om 19:00 Kaartjies vir die gala-aand is beskikbaar by  https://form.jotorm.com/201862488490059. Van daar sal kaartjiehouers ’n epos met ’n skakel en wagwoord na die webblad ontvang.   Besoek. www.saibc.com   Laetitia Pople

Meer oor:  Dans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.