Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dans
Kosakke se toer na SA afgestel
Die Kosakke kom nie meer na Suid-Afrika nie.

Die Russiese Kosakke se Suid-Afrikaanse toer van 17 tot 31 Augustus is afgestel.

Volgens die impresario Edouard Miasnikof is dit te wyte aan ’n gebrek aan kaartjieverkope in onder meer Johannesburg.

“Sonder daardie inkomste is dit finansieel riskant om met die toer voort te gaan,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat hy meer bemarking vir die Kosakke se toer gedoen het as vir die ballette wat hy jaarliks van Moskou af hierheen bring.

Die Kosakke sou in Johannesburg, Pretoria, Potchefstroom, Port Elizabeth, Kaapstad en Bloemfontein opgetree het.

Mense wat reeds kaartjies gekoop het, kan die geld terugeis.

Meer oor:  Dans  |  Ballet  |  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.