Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dans
KYK: Balletdansers durf hoogste gebou in SA aan

Die gasvryheidsbedryf en die uitvoerende kunste vorm ’n tweepas in ’n video waarin drie dansers van Joburg Ballet die doen en late van gaste in die luukse Leonardo-hotel in Sandton, Johannesburg, uitbeeld.

“Die sinergie tussen ballet en kuns en Leonardo (Da Vinci, die beroemde Italiaanse visuele kunstenaar) het dit die perfekte samewerking gemaak,” sê Robert Hodson, bedryfshoof van die Legacy-hotelgroep, waarvan die Leonardo-hotel deel is.

“In hierdie tye gaan dit moeilik, maar nou het ons darem iets wonderliks om oor te praat. Die hotel is rondom die idee van kuns gebou.”

Daar is baie visuele kuns te sien en toere word aangebied.

20210709   NETWERK24   Monike Cristina, n lid van
Monike Cristina, 'n danser van Joburg Ballet Theatre in die Leonardo gebou in Sandton, Johannesburg. Foto Deaan Vivier.

Dié hotel in Sandton, die hoogste gebou in die land, het sy deure op 1 Maart verlede jaar geopen, maar skaars vier weke later het die staat van inperking in werking getree.

Die hotel, en die restaurant wat op 23 Januarie verlede jaar in die gebou geopen het, kon verlede jaar in die tweede semester sake hervat.

Dit is egter weer in die wiele gery nadat pres. Cyril Ramaphosa op 27 Junie aangekondig het ’n aangepaste vlak 4 van die inperking sou die volgende dag in werking tree.

Chenee Seeberath, hoof van gasvryheid by die Leonardo-hotel, het met die konsep vorendag gekom en Joburg Ballet genader.

Iain MacDonald, artistieke direkteur van Joburg Ballet, het onmiddellik van die gedagte gehou.

“Ek dink so aan daardie Afrikaanse uitdrukking ‘ ’n boer maak ’n plan’, en dis wat ons almal in die bedryf nou moet doen. Samewerking en hulp aan mekaar is nou belangrik.”

20210709   NETWERK24   Monike Cristina, n lid van
Monike Cristina, 'n danser van Joburg Ballet, dra 'n uitrusting van House of Nala. Foto: Deaan Vivier

Die dansers Monike Cristina, Claudia Monja en Gabriel Fernandes is te sien in die video, wat ’n paar weke gelede verfilm is.

Hulle het douvoordag daarmee begin, maar dit is op dieselfde dag voltooi.

Die balletdansers is ervare, maar hulle ken uiteraard die verhoog beter as die verskeie vertrekke in die hotel waarin hulle in die video verskyn.

“Hulle moes hulself op ’n ander platform uitdruk, hulself blootstel,” sê MacDonald.

“Die kamera was nou eintlik hul ‘toeskouer’. Maar dit het eintlik glad verloop. Daar was so een of twee keer wat ek senuagtig was, want dit is immers die hoogste gebou in die land, maar dit het goed gegaan. Ons is baie bly ons is genader. Ons het ’n reputasie opgehou en albei partye is goed met wat hulle doen. En met hierdie video is dit duidelik hoe aanpasbaar mense is.”

20210709   NETWERK24   Monike Cristina, n lid van
Monike Cristina, 'n danser van Joburg Ballet, dans in die Leonardo-hotel in Sandton, Johannesburg, die hoogste gebou in die land. Foto: Deaan Vivier
Meer oor:  Sandton  |  Gasvryheidsbedryf  |  Video  |  Dans  |  Ballet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.