Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dans
Nostalgiese ‘The Queen Show’ nog aanlyn te sien

Die balletvertoning The Queen Show, wat sy speelvak weens die nuutste inperkingsmaatreël moes kortknip, is nog tot middernag op 18 Januarie aanlyn te sien.

Dié kragtoer van fyn balletpassies tot akrobatiese toertjies is ’n moet vir enigeen wat in dans belang stel.

Bruce Dennill prys die Johannesburgse Mzansi-balletgeselskap se produksie in ’n resensie; van die keuse van Queen-liedere tot die asembenemende tempo waarteen die danse uitgevoer word.

Die dansegpaar Michael en Angela Revie is die choreograwe en verskyn ook op die verhoog om met hul jare lange ervaring balans te bring vir die robuuste jong dansers se oënskynlik riskante gimnastiese sekwense.

Dennill maak spesiale melding van die jeugdige dansers van die Jayd Swart-ateljee wat ’n komplekse roetine op “The Show must go on” uitvoer.

“Hulle is vreesloos en vurig, puik afgerig en tegnies reeds so vaardig dat hulle met die selfversekerdheid van volwasse dansers beïndruk.”

Ander dansers om voor uit te kyk, is Alison Lee Sischy en die Kapenaars Aviwe November en Sikhumbuzo Hlahleni. Die ballerinas is die nasionaal en internasionaal bekroonde Suid-Afrikaners Paige McElligott, Veronica Louw (met die toestemming van die Cape Town City Ballet) en Lize Mentz, asook die 18-jarige Joshua Williams, wat ’n beurs ontvang het om sy balletstudie aan die Zürich-dansakademie in Switserland voort te sit.

Nostalgie in die indrukwekkende balletvertoning ‘The Queen Show’.
Atletiese dansvernuf in ‘The Queen Show’.

Die eerste helfte van die vertoning bestaan uit tien minder bekende Queen-liedere wat sonder onderbreking op mekaar volg en die tweede helfte uit agt liedere. Die musiek sluit in “The Millionaire Waltz”, “You Take My Breath Away”, “Too Much Love Will Kill You” en “My Melancholy Blues”.

Dirk Badenhorst, regisseur, beskryf The Queen Show as “nostalgies, betowerend en ’n onvergeetlike belewenis”. Dit word bevestig deur gehoorlede wat die voorreg gehad het om die vertoning vandeesmaand op verhoë in Pretoria en Johannesburg te sien.

Die kostuums is deur die wêreldbekende David Hutt ontwerp.

Bespreek vir die aanlyn vertoning by tickets.tixsa.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.