Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dans
Suid-Afrikaners ballet in Moskou
Andile Ndlovu
Die Suid-Afrikaanse danser Andile Ndlovu is benoem as beste manlike danser in die Benois De La Danse-danskompetisie wat in Moskou beslis word.

Suid-Afrikaners is vir die eerste keer verteenwoordig in die Oscars van balletkompetisies.

Andile Ndlovu is benoem vir sy vertolking van Mercutio, in Romeo and Juliet, vir die Washington Ballet in die Prix Benois De La Danse-danskompetisie wat volgende week in die Bolsjoi-teater in Moskou beslis word.

Dirk Badenhorst, hoofdirekteur van die Suid Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie en hoof van Mzansi Ballet, is een van die jurielede wat in die internasionale kompetisie wat die grootste balletgeselskappe van die wêreld betrek, beoordeel.

Die wenners word op 21 Mei vanjaar in Moskou beslis gevolg deur ’n glansryke gala-aand op 22 Mei.

Ndlovu is onder meer saam met Audric Bezard van Paris Opera Ballet en Daniel Camargo van Het Nationale Ballet in Amsterdam benoem.

Dirk Badenhorst
Dirk Badenhorst is een van die jurielede van vanjaar se Prix Benois De La Danse-danskompetisie wat volgende week in Moskou beslis word.

Die Prix Benois De La Danse-danskompetisie is een van die mees gesogte balletkompetisies ter wêreld. ’n Jurie wys benoemdes van regoor die wêreld aan.

“Dit is inderdaad die Oscars van balletkompetisies, met die mees fantastiese jurie en die wêreld se beste dansers wat benoem word,” het Badenhorst gesê.

Dit is in 1991 in Moskou gestig deur die internasionale dansassosiasie. Pryse word aangebied in die kategorieë lewenswerk, ballerina, balletdanser, choreograaf, komponis en ontwerper. Die jurie bestaan elke jaar uit ander lede.

Die Franse beeldhouer Igor Oestinof het die beeldjie vir die wenners in 1992 ontwerp. Hy is die seun van die akteur Peter Oestinof en ’n agterkleinneef van Alexandre Benois (1870-1960) na wie die pryse genoem is.

Benewens Badenhorst is van die lede onder andere Ted Brandsen, direkteur van Het Nationale Ballet, Agnes Letestu, ’n balletdanser verbonde aan Paris Opera Ballet, en Rachel Moore, president en uitvoerende hoof van die Los Angeles-musieksentrum.

Ndlovu het in 2008 na Washington getrek nadat hy deelgeneem het aan die Suid-Afrikaanse internasionale balletkompetisie.

Meer oor:  Dirk Badenhorst  |  Andile Ndlovu  |  Moskou  |  Ballet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.