Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Dans
‘The Queen Show’ gaan jou betower
Een van die tonele uit The Queen Show deur Mzansi Ballet. Foto: Verskaf

Uitgehongerde dansliefhebbers het die vooruitsig van Mzansi Ballet se The Queen Show wat die vakansietyd in Pretoria en Johannesburg aangebied word.

Dit is dieselfde produksie wat vroeg vanjaar op die planke was. Dit is ’n uiters gewilde vertoning met briljante choreografie en dans.

“Jy sal jou oë nie daarvan kan afhou nie,” lui ’n resensie in die tydskrif Theatre ZA. Video-opnames van die The Queen Show bevestig dit en laat jou dink om dit akrobatiese ballet te noem.

Die musiek van die eertydse popgroep Queen is op sigself ’n lokmiddel. Op dié tydlose klanke het die choreografie-egpaar Angela en Michael Revie ’n splinternuwe dansvertoning gevoeg wat plek-plek werklik jou asem wegslaan.

Die Revies is ook topdansers en verskyn self in die opvoering.

Michael het in wêreldklas-geselskappe gedans, onder meer Zurich en Birmingham Royal Ballet, en word veral geprys vir sy tegniek en virtuositeit.

Van die ander dansers is Alison Lee Sischy en die Kapenaars Aviwe November en Sikhumbuzo Hlahleni.

Die ballerinas is nasionaal en internasionaal bekroonde Suid-Afrikaners soos Paige McElligott, Veronica Louw (met die toestemming van Cape Town City Ballet) en Lize Mentz.

Nog ’n danser om voor uit te kyk is die 18-jarige Joshua Williams. Hy het in die Internasionale Suid-Afrikaanse Balletkompetisie in 2016 ’n beurs ontvang om sy balletstudie aan die Zurich-dansakademie in Switserland voort te sit.

Weens die Covid-19-pandemie se inperking is Williams tuis en beskikbaar vir The Queen Show totdat hy hom in die nuwe jaar by die Stephen Delattre-geselskap in Mainz, Duitsland, aansluit.

David Hutt, ’n wêreldbekende ontwerper en stileerder, was verantwoordelik vir die kostuums. Hy is ook bekend vir sy werk in die rolprent- en televisiebedryf en het sy stempel afgedruk in ikoniese handelsname soos die Franse uitgawe van die tydskrif Vogue.

Dirk Badenhorst, wat sinoniem is met ballet in Suid-Afrika, sê The Queen Show bied nostalgie, betowering en ’n onvergeetlike belewenis, of in Queen-taal: “It will rock you.”• 3 tot 6 Desember in die Monte De Dios in Pretoria. Die kaartjies kos R200 by support@tixsa.co.za of bel 012 880 2635.

• 11 Desember tot 3 Januarie in die Pieter Toerien-teater, Montecasino, Johannesburg. Kaartjiepryse wissel van R150 tot R250 by Computicket.

Vertonings is Woensdag tot Vrydag om 19:00; Saterdag om 15:00 en 19:00; Sondag om 15:00 en 18:00; 16 Desember om 15:00; 1 Januarie om 15:00; en die Nuwejaarsvertoning 31 Desember om 21:00.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.