Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Eugenie Grobler sing nuwe musiek in Durbanville
Eugenie Grobler Foto: Verskaf

KAAPSTAD. – Eugenie ­Grobler was lanklaas op die verhoog. Maar nou is sy terug met Dis Tyd, ’n produksie wat vanaand in Die Boer-teaterrestaurant in Durbanville op die planke is.

Grobler sal onthou word vir haar album Storm in Eden, haar samewerking met Thula Sizwe (Winterson) en die woordwerk van Breyten Breytenbach op Lappesait saam met Pedro Kruger.

In ­Sonvanger het sy saam­gewerk met Koos Kombuis, Valiant Swart, Nicole Holm, Gerhard Geldenhuys en Gert Vlok Nel. Dan was daar ook die gesamentlike album Eve in the Garden of Song saam met Lesley Rae Dowling, ­Nicole Holm, Laurinda ­Hofmeyr en Luna Paige.

Volgens Grobler het haar passie nog altyd verder ­gestrek as om net op die ­verhoog te wees.

“Daar is heelparty ruimtes waarbinne aspekte van ­tea­ter in ander dissiplines ’n rol het om te speel. Ek het destyds ’n meestersgraad in drama gedoen waar ek op die terapeutiese aspek van teater gefokus het. Die laaste paar jaar is ek deel van ­Acti­vation Hub. Ons spesia­liseer in kreatiewe aksie-en-refleksiemetodes binne groeps­pro­sesse en werk ­veral met die opleiding van groepsfasiliteerders in ­verskeie kontekste en op die gebied van ­leierskapsontwikkeling.” Sy bestuur ook ’n gemeenskapsontwikkelingproses op ’n plaas in die Porterville-omgewing vir ’n Spaanse maatskapy, SanLucar. Haar terug­keer na die ­verhoog spruit uit haar ­be­hoefte om haar nuwe ­musiek te deel met mense om terugvoer daaroor te kry. Daar is selfs sprake van ’n nuwe ­album.

Sy beskryf Dis Tyd as ’n versameling van onder meer nuwe, oorspronklike lirieke en toonsettings, met gestroopte klavierbegeleiding. Die fokus is op haar stem en die stories wat deur die musiek vertel word. Op die program is ook Afrikaanse weer­gawes van onder andere Tom Waits se liedjie “Time” en Nick Cave se “The Ship Song”.

 Bespreek by 021 979 1911.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.