Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
Aardklop: Alexa en Nataniël glo ewe bang vir mekaar

Nataniël sê hy het op die Aardklop Nasionale Kunstefees opgetree omdat hy bang is vir Alexa Strachan, feesbestuurder, maar blykbaar hou hy Strachan ook op haar tone.

Alexa Strachan

“Ek is effens verlig dat Nata­niël huis toe gegaan het, want nou kan ek weer my gemaklike skoene aantrek en gaan hy nie met my raas omdat ek nie die heeltyd uitgevat en deftig lyk nie,” sê sy.

Nataniël het Dinsdag twee vertonings van sy konsert Classic Nataniël in die Beeld-ouditorium in Potchefstroom gelewer.

Hy vermy gewoonlik kunstefeeste, want sy senuwees hou dit nie, maar het Aardklop toe gekom omdat hy “’n bietjie bang is vir Alexa” en ook nie hoef oor te slaap nie.

Strachan sê dit was ongelooflik lekker dat Nataniël gekom het. “Vandat ons Aardklop begin het, wou ons gehad het hy moet kom, maar hy het jaar ná jaar net gesê hy is te besig. Ek weet hy sê hy het eintlik gekom omdat hy bang is vir my, maar dis nie die waarheid nie.

“Ek dink hy het net moeg geraak vir die feit dat ek hom so baie bel en vra wanneer kom hy nou. Toe het hy vroeg in dié jaar al laat weet hy is beskikbaar en hy sal kom Aardklop.”

Die kaartjies vir sy twee vertonings was feitlik uitverkoop.

Marlyn Botha (80), ’n feesganger, sê sy het die vertoning baie geniet, maar dat sy met “voorbedagte rade” gegaan het. “Ek het geweet dit gaan ’n goeie vertoning wees, maar dat Nataniël ook ’n bietjie stout gaan wees.”

Die vrou langs haar het glo ongemaklik geword toe Nataniël “stout” raak. “As jy nie stoutigheid wil hê nie, moet jy nie na ’n Nataniël-vertoning gaan nie,” sê Botha, van Potchefstroom.

Hoewel Blikkies Alberts (73) van Potchefstroom nie by die vertoning was nie, sê haar buurvrou dit was “fantasties”.

“Dis mos altyd baie goed, ek ken Nataniël,” sê sy.

Adri Grobler (60) van Alberton sê ook Nataniël stel nooit teleur nie. “Ek is mal oor hom.”

Strachan sê sy loop mense raak wat sê Nataniël se vertoning was die feeshoogtepunt.

“Dan vra ek: ‘Hoe weet julle dit? Dit was dan die eerste dag.’

“Hulle sê hulle kan amper nie glo die standaard van die vertonings en talent kan hoër wees as wat Classic Nata­niël was nie.”

  • Strachan meen die ander produksies is net so goed. Kaartjies vir die toneelstukke Drie susters en Tweespoor is uitverkoop. Die Aardklop Langtafel is ook uitverkoop.
  • Enkele kaartjies vir dié produksies is beskikbaar: My mense is die kluts kwyt, My seuns, My vrou se man se mannetjie en Soebatsfontein. Daar is ook kaartjies vir die musiekvertoning Kiekies – Lucas se liedjies, die komedie-vertoning Skerpskerts en Die Whiskysprokies – Aspoestertjie en die Kaaskopprins. Kaartjies vir enkele pakkette van die DEURnis-teater is nog beskikbaar.
Meer oor:  Alexa  |  Nataniël  |  Aardklop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.