Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
Aardklop maak sy datum bekend

Terwyl talle kunstenaars se werk weens die Covid-19-pandemie opgedroog het, is die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom se datum Donderdag bekendgemaak.

Die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom is vanjaar van 22 tot 27 September.

Dit word van 22 tot 27 September aangebied nadat die regering die datum van die September-skoolvakansie (die tyd waarin die fees gehou word) hersien en verkort het.

Die Aardklop-feesterrein is egter ’n dag minder oop van 22 tot 26 September.

Volgens Alexa Strachan, feesbestuurder, gaan Aardklop weer die perfekte wegbreek bied.

“Ons bied alles wat jy nodig het om asem te skep en jou battery te herlaai.”

In die fees se verklaring lê die direksie klem op teaters, vermaakbyeenkomste en feeste wat weens die koronavirus afgelas of uitgestel is.

“In spanningsvolle en onseker tye het die kunste egter juis ’n waardevolle bydrae om te lewer,” lui die verklaring.

“Kunstenaars, tegnici, stalletjiehouers, diensverskaffers, tydelike werkers en ander instansies en individue is boonop onder geweldige druk, aangesien hul inkomstestrome opgedroog het.”

Die feesprogram word nog saamgestel.

Volgens Delmari van Zyl, bestuurder: borge, media, en bemarking, word die feesprogram hopelik in Junie bekendgestel.

“Midde die inperking probeer ons fokus op die beplanning van die fees. Ons besef dinge verander vinnig en ons kan niks beheer nie, maar sover moontlik beplan ons om voort te gaan. Die land ervaar wel ’n uitdagende tydperk en daarom is ons aanpasbaar en akkommoderend met die einddoel voor oë.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.