Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
Charl du Plessis deel musiek en storie van 1ste album

Die bekendstelling van die pianis Charl du Plessis se eerste solo-album en ’n klassieke musiekproduksie wat die treffers van talle Broadway-musiekspele vier, is nog twee musiekdebute op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom.

* Du Plessis, onder meer bekend vir die konsert van die Charl du Plessis-trio bestaan grotendeels uit die musiek op sy album Freehand.

Aardklop
Charl du Plessis Foto: Aardklop

“Ek is my lewe lank ’n solopianis, en het nog nooit ’n solo-album uitgereik nie. Dit is my eerste solo-projek en die inhoud is alles my eie musiek. Op Freehand speel ek musiek wat uit my binneste kom.”

Die konsert word Donderdag in die kykNET-konservatorium aangebied.

“70% van die program se musiek is van Freehand. Die res is klavierwerke wat nie op die album is en komposisies waarvan ek nie die skrywer is nie. Dit is ’n klavier-repertorium van my keuse.

“Ek sien uit daarna om die storie oor wat alles tydens die opname van die album gebeur het met die gehoor te deel.”

Die konsert begin om 10:00 en die kaartjies kos van R100 tot R130. Bespreek by Ticketpro.

* ’n Non, ’n prins en ’n spook stap in ’n kroeg! word Donderdag en Vrydag deur Conroy Cupido en Magdalene Minnaar in die Snowflake-kroeg in Potchefstroom uitgevoer. Cupido is ook die regisseur en vervaardiger.

“Ons het die titel saamgestel uit The Sound of Music (non), The Student Prince (prins en kroeg) en The Phantom of the Opera (spook). Personeel van die Noordwes-Universiteit lewer ook sangnommers, asook sangstudente aan die NWU en sekere lede van die Jeug- Filharmoniese Orkes (JPO). Die konsert bevat geen vertelling nie. Dit is treffer ná treffer wat in ’n uur uitgevoer word.

Ander musiekspele sluit in West Side Story.

Die konsert bevat ook choreografie deur Chris Steyn.

Die vertonings is Donderdag om 16:00 en Vrydag om 14:00. Kaartjies kos R100 tot R140. Bespreek by Ticketpro.

Meer oor:  Feeste  |  Musiek  |  Aardklop  |  Charl Du Plessis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.