Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
‘Eerlike, vreeslose’ kuns in Kuierkombuis

Hennie Kruger is “een van die mees onderskatte kunstenaars” in Suid-Afrika en beeld dít wat hy skilder, “eerlik en vreesloos” uit.

Hennie Kruger by van sy werke wat in die tentoonstelling in die Kuierkombuis op Aardklop te sien is. Foto: Susan Cilliers

So het Dedré Victor, kunskenner en voormalige kunsdosent Dinsdagaand op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom gesê. Sy het gaste by die opening van ’n kunstentoonstelling in die Kuierkombuis oorkant die Teologiese Skool in Molenstraat toegespreek.

Kruger is die gaskunstenaar van dié uitstalling waar die werk van talle ander kunstenaars, onder andere Cronjé Lemmer, te sien is.

Victor het gesê Kruger is een van die “skugterste en nederigste” kunstenaars wat sy ken. Volgens haar getuig sy werk van werklike vaardigheid. Dit tref jou. Die buitengewone knapheid van sy verskillende style en veelsydigheid val jou op.”

Kruger, wat in Parys in die Vrystaat woon, het in ’n vorige onderhoud vertel dat hy het al op vierjarige ouderdom begin skilder het. Onderwysers het reeds op hoërskool sy talent raakgesien. Hoewel sy ma (Ina) hom ondersteun het, wou sy pa (Peet) eerder hê dat hy ’n onderwyser moet word. Hy het teen sy pa se wense beeldende kuns aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys gaan studeer. Daarna het hy as staatsamptenaar gewerk, ’n onderwysdiploma verwerf en skoolgehou voordat hy voltyds begin skilder en kunsklasse gee het.

“My pa was later baie trots op my,” het hy gesê.

Bongumusa Hlongwa, ’n Potchefstroomse kunstenaar wie se werk ook in die Kuierkombuis uitgestal word, sê die onderwerpe wat hy skilder, word deur sy kinderjare op die KwaZulu-Natalse platteland geïnspireer.

Bongumusa Hlongwa by van sy werke wat deur sy kinderjare op die KwaZulu-Natalse platteland geïnspireer is. Foto: Susan Cilliers

J.J. Clark het al die pad van sy plaas naby Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo na die Kuierkombuis gekom om sy treffende, realistiese skilderye van nguni-beeste uit te stal. Clark en Christo Esterhuizen, sy vennoot, boer met dié beeste.

Clark sê hy was van kleins af lief vir skilder. Nadat hy ’n BSc-graad verwerf het, het hy deeltyds kuns aan Unisa studeer. “Ons het agt jaar gelede na die plaas getrek en ek het so vyf jaar gelede begin skilder.”

Clark gaan sy werk in November in Windsor naby Londen uitstal.

Daar is benewens die uitstalling in die Kuierkombuis ook verskeie ander kunstentoonstellings op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus: In die NWU-hoofgalery, die foyer van die Beeld-ouditorium en in die Alumni-saal langs die ouditorium. Dr. Johan Thom, kurator vir Aardklop 2019 se visuele kunste, sê die oorkoepelende tema vir vanjaar se kuns is “nag”.

“Die kollig val op ’n groep visuele kunstenaars wat die nag as inspirasie gebruik. Elke kunswerk word ’n brief gerig aan die onbekende donkerte van die nag.”

J.J. Clark by sy skilderye van nguni-beeste wat in die Kuierkombuis uitgestal word. Foto: Susan Cilliers
Avril Hattingh se sagte werke word ook in die Kuierkombuis uitgestal. Foto: Susan Cilliers
Cronjé Lemmer Dinsdagaand by een van sy werke (die vlinders) wat in die Kuierkombuis uitgestal word. Foto: Susan Cilliers
Dedré Victor en haar susterskind, Lize Jacobs, in hul kunsstalletjie in die Kuierkombuis op Aardklop. Foto: Susan Cilliers

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.