Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
Eet saam om kuiertafel en steun Teater-bystandsfonds

Vanjaar kry Aardklop-feesgangers met ’n aansitete, spa-behandelings, of deur hul gunsteling-vermaaklikheidsterre te ontmoet, die kans om ’n bydrae tot die Teaterbystandsfonds (TBF) te lewer.

Lizz MeiringFoto: Willem Botha

Vir die eerste keer word die TBF-kuiertafel by die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom aangebied.

Dié viergangmaaltyd word Donderdag ten bate van die TBF met die aktrise Lizz Meiring as die gasvrou aangebied.

Dit is bo en behalwe die TBF se stalletjie wat gereeld op feesterreine opgeslaan word.

Vanjaar het Destiny Mobile Spa ’n stalletjie saam met die TBF.

Talle teatervervaardigers, kunstenaars, musikante, radio- en televisiepersoonlikhede en sepiesterre sal by die stalletjie wees.

Destiny Mobile Spa bied op die Aardklop-feesterrein vinnige en private, bekostigbare masserings en behandelings en skenk 25% van elke behandeling aan die TBF.

Die opbrengs van die kaartjieverkope gaan aan die TBF, ’n geregistreerde openbare weldaadsorganisasie wat sedert 1964 bestaan. Dit sien om na diegene wat ernstig siek is en die behoeftiges en die bejaardes in alle beroepe in die vermaaklikheidsbedryf.

Mense wat ’n bydrae tot die TBF wil lewer, kan ook ’n SMS met die woorde TBF na 49701 stuur. Met elke SMS skenk jy R30.

  • Die TBF-kuiertafel word Donderdag om 18:00 by die Black Orchid-restaurant in Potchefstroom aangebied. Kaartjies kos R220 en dit duur drie uur. Die geld gaan aan die TBF. Bespreek by Ticketpro.
  • Die TBF-stalletjie is tot Saterdag elke dag van 09:00 tot 21:00 op die feesterrein.
Meer oor:  Lizz Meiring  |  Teaterbystandsfonds  |  Aardklop  |  Tbf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.