Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
FOTO'S: Klopdisselboom op Aardklop

Mense het vanjaar weer van heinde en verre opgeruk vir die Aardklop Nasionale Kunstefees, wat Dinsdag in Potchefstroom begin het en Sondag ten einde loop.

Feesgangers word bederf met ’n Aardklop-spyskaart wat wissel van ernstige kuns tot kindervermaak.

Verskeie vertonings het vol sale getrek en die feesterrein is ook tot dusver uitstekend besoek.

Dit was veral die kykNET- en die Ontprop-verhoog wat groot aftrek gekry het.

Vir die smulpape was daar iets van alles op die feesterrein om aan te proe: van skaapstertjies tot lewerkoekies, pap en kaiings, roosterbrood, pannekoek met ’n melktertvulsel, kerriegeregte en pizza en natuurlik sappige aarbeie met room.

Die debuutproduksie, Die dinge van ‘n kind en vol sale getrek. Hier is Cintaine Schutte in aksie. Nicole Holm het die regie behartig vir die stuk wat op Marita van der Vyver se boek gebaseer is. Foto:
Esmaré en Tertius Britz van Centurion het vertel dis altyd lekkerder in die week omdat dit stiller is Hulle het Sandra Prinsloo se vertoning Kamphoer uitgesonder as een van die wat ‘n groot indruk gemaak het.
Die egpaar Des en Dawn Lindberg is saam met Lihan Pretorius, regisseur van Koekeloer, op Aardklop. Foto: terésa coetzee
Margit Meyer-Rödenbeck is op Aardklop met haar debuutproduksie Dowwe Dolla – nou of nooit!Foto: terésa coetzee
Etienne Steenkamp van Potchefstroom kom sommer elke dag Aardklop toe. Foto: terésa coetzee
Vir smulpape was daar iets van alles, van skaapstertjies uit Namibië tot kerrie en sampioene.
Die manne van die groep Cherry Vynil, heelpad van Kaapstad af. Hulle tree in die Snowflake-teater op, maar het by die Ontprop-verhoog uitgehang. Hulle is Christo Loots, Jason Soloman, Wikus Horn, Nicholas Forbes en André Myburg.
Pierre van Schalkwyk van Pretoria het spesiaal vir sy ouma in Potchefstroom kom kuier en hy het heerlik uitgehang in sy sleepkarretjie. Foto: terésa coetzee
Al die pad van Krugersdorp is Erin Engelhardt (12), Chanelle de Swart (12) en Tera_Leigh Coetzer (12). Foto:
Tjorts! Lorraine van Antwerpen en Alta Haarhof van Klerksdorp het by die mampoer-stalletjie vasgehaak. Foto:
Owen Joubert wys hoe ’n vlieënde klimtol werk. Foto: terésa coetzee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.