Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
Gespreksreeks: Politiek, gender, “woke”-debat onder loep
Tim du Plessis
Kabous Meiring
Lourensa Eckard
Heindrich Wyngaard

Die politiek, genderkwessies en die “woke”-debat is van die aktuele gesprekke wat vanjaar op Aardklop gevoer gaan word.

Die kwartet aktuele gesprekke, wat deur kykNET, kykNET Verslag en Prontuit saamgestel is, begin op Woensdag 25 September om 09:00 met ’n oorsig van president Cyril Ramaphosa se eerste vier maande as staatspresident. Die gesprek sal gelei word deur Tim du Plessis, kykNET se hoof van aktualiteit, wat saam met politieke ontleders gaan gesels oor die president se mag binne die ANC – en wat, indien enigiets, hy reeds as staatshoof vermag het.

Op Donderdag 26 September om 09:00 gaan die gespreksleier en Prontuit-aanbieder Kabous Meiring genderkwessies onder die loep neem wat die afgelope paar jaar in die nuus boer. Die gesprek, getiteld “Dames en here (en als tussen-in en anderkant)”, gaan die genderdebat ontleed, wat presies daaragter lê, en op watter ouderdom kinders self oor hul gender kan besluit.

Identiteitspolitiek is ook in die visier van ’n gesprek op Vrydag 27 September om 09:00. Die kykNET Verslag-aanbieder en -verslaggewer Lourensa Eckard gaan saam met ’n paneel na die “woke”-debat, ook hier in Suid-Afrika, kyk. Gesprekspunte sluit onder meer in wat dit beteken om “woke” te wees en of identeitspolitiek meer goed as kwaad doen.

Die aktuele gespreksreeks sluit af met ’n bespreking wat gepas in Erfenismaand is: Heindrich Wyngaard, KLOP!- en kykNET Verslag-aanbieder, gaan op Saterdag 28 September om 09:00 ’n paneel pols oor die vryheid om jou kultuur en erfenis uit te leef in ons jong demokrasie.

  • Die aktuele gespreksreeks, wat deel van die “Rede-kabel Gesprekkereeks” is, vind by die Netwerk24 Feeskafee in die Bennie Pienaar-saal plaas. Toegang is gratis.
  • Die Aardklop Nasionale Kunstefees vind van 24 to 29 September op Potchefstroom plaas.
Meer oor:  Aardklop  |  Heindrich Wyngaard  |  Tim Du Plessis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.