Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
Jong talent klop aan Aardklop se deur
Aardklop Nasionale Kunstefees
Alexa Strachan Foto: Clinton Lubbe

Jong teaterskeppers kry die kans om hul stempel af te druk met Aktiveer, ’n nuwe projek deur die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom.

Vyf produksies deur jonger, minder bekende teatergeselskappe word onder dié vaandel gedurende die fees van 24 tot 29 September aangebied.

“Die gedagte het my eers beetgepak nadat die aansoeke gesluit het om by Aardklop op te tree,” sê Alexa Strachan, feesbestuurder.

“Ons is dikwels in die killing of dreams-bedryf, want ons kan nie almal vir die fees aanvaar nie. Die jonger teaterskeppers het egter aan die deur bly klop. Ek reken toe die jong stemme moet iewers ’n gaping kry, want waar gaan die nuwe generasies vandaan kom?”

Een van die produksies staan boonop die kans om tydens die Vrynge-fees by die Vrystaat-Kunstefees in Bloemfontein opgevoer te word. ’n Paneel gaan die produksies beoordeel en ’n wenner aanwys.

“Die wenproduksies se koste om in die Vrystaat op te tree, sal ook gedek word.”

Die vyf produksies is Amigos, Moord op die 8ste gat, Hoekom Nikita? / Why Nikita?, FrAgMeNt en Detensie.

“Die stukke is meestal komies. Nikita is tweetalig en dis deur ’n geselskap van Mamelodi.”

Volgens Strachan begin die projek klein om momentum op te bou.

“Dit sal vir hulle ’n groot leerskool wees. Hulle kry dieselfde tegniese ondersteuning as wat enige ander produksie op Aardklop kry. Hier moet jy op jou talent en die krag van die teks staatmaak, eerder as ander gimmicks. Ek wil die publiek vra om ’n kans te vat met die jong spelers, want nuwe talent moet ten toon gestel word.”

* Die vyf produksies word in die ATKV-Heimatsaal opgevoer.

Amigos se vertonings is op 25 en 28 September om 17:30, op 26 September om 20:00 en op 27 September om 10:00.

Dit duur 65 minute en kaartjies kos R110.

FrAgMeNt se vertonings is op 25 September om 15:00, op 26 en 28 September om 12:30 en 27 September om 15:00. Dit het ’n ouderdomsbeperking van 16. Dit duur 65 minute en kaartjies kos R110.

Hoekom Nikita? / Why Nikita? se vertonings is op 25 September om 12:30, op 26 September om 17:30, op 27 September om 20:00 en op 28 September om 10:00. Dit duur 60 minute en kaartjies kos R110.

Detensie se vertonings is op 25 September om 10:00, op 26 September om 15:00, op 27 September om 17:30 en op 28 September om 20:00. Dit duur 30 minute en kaartjies kos R60. Dit het ’n ouderdomsbeperking van 14.

Moord op die 8ste gat se vertonings is op 25 September om 20:00, op 26 September om 10:00, op 27 September om 12:30 en op 28 September om 15:00. Dit duur 40 minute en het ’n ouderdomsbeperking van 13. Kaartjies kos R110.

Bespreek by iTickets.

* Besoek aardklop.co.za vir meer inligting oor die produksies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.