Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
Jongelinge pronk steeds op verhoog in Aardklop-kompetisie

Hoewel die Aardklop Nasionale Kunstefees nie vanjaar gehou word nie, is dié fees se Pronk Podium wel op die planke.

Pronk Podium, wat ’n platform bied aan tieners en studente, word volgende week aangebied.

Alexa Strachan Foto: Elizabeth Sejake

“Dit word in die Atterburyteater (in Pretoria) opgeneem,” sê Alexa Strachan, Aardklop-feesbestuurder.

“Dit is sonder ’n gehoor, maar die akteurs tree wel op die verhoog op.”

Terwyl die akteurs op die verhoog optree, sal teatergangers dit virtueel kan volg.

“Daar is wel aanpassings gemaak. Vanjaar kon net solostukke ingeskryf word. Uit 80 inskrywings het ons 11 produksies gekies. En dis meestal oorspronklike werk. Ek is werklik beïndruk. En moenie dink Covid-19 het nie in die tekste inslag gevind nie.”

Die halfeindronde word Vrydag aanlyn aangebied en die eindronde ’n dag later.

Pronk Podium
Die Aardklop Pronk Podium word Vrydag en Saterdag aanlyn angebied.

Ses tienertoneelstukke en vyf studentestukke word in die halfeindronde opgevoer, waarvan ses na die eindronde deurdring.

“Die jongmense se energie is vir my inspirerend,” sê Strachan. “Hulle is innoverend en hulle staan nie terug vir uitdagings nie. Jy weet, dis moeilik om sonder ’n gehoor te speel. Dink maar as jy komedie doen en niemand lag nie.

“En met hul inskrywings moes hulle gebruik wat midde-in die inperking tot hul beskikking was – ’n selfoonkamera iewers in ’n sitkamer of garage.

“Hulle kon aanpas by hierdie vreemde tyd. Ondanks die moeilike tye voel dit vir my daar is nog ’n doel met alles.”

Die beoordelaars is wel in die gehoor.

“Die deelnemers moet eintlik gelyktydig op die verhoog en vir die kamera speel,” sê Strachan.

“Dit is ’n uitdagende proses, maar hulle het die gevoel van ’n regte, professionele teater, met wings, met ligte wat kan uitdoof. En ’n solostuk is nie maklik nie. Soveel gesoute akteurs het al vir my gesê hulle het nie die guts om ’n solovertoning te doen nie, want dit is so ’n eensame proses. Dis net jy, daar is niemand om op terug te val nie. En dis nog ’n ding van ’n gehoor: Dit word ’n medespeler. Jy kry energie uit die gehoor. Ook met ’n solostuk. So vanjaar se deelnemers het nogal ’n aanpassing gehad.”

Die beoordelaars is Kaz McFadden, Mila Guy en Johny Klein.

Die finaliste in die halfeindronde is:

Tienerproduksies

Vry deur die Hoërskool Noordheuwel

Wentelkind deur die Hoërskool Parel Vallei

Kou-Vid deur Hoërskool Zwartkop

’n Traumatiese retrospeksie deur die Hoërskool Noordheuwel

Wie’t gevra? deur die Hoërskool Randburg

Kollig deur die Hoërskool Hugenote

Studenteproduksies

Salig Onbewus

Skilderlig

Movies vir Ava

Christmas Shopping

Sharrap en eet jou kos!

• Die halfeindronde word op Vrydag om 18:00 aangebied. Kaartjies kos R60. Bespreek by TicketPro. Met dié kaartjie kan jy na al elf produksies in die halfeindronde kyk.

• Die volgende dag word die eindronde aangebied. Meer inligting sal later beskikbaar wees.

• Hierdie projek word met trots ondersteun en deur die Atterbury Trust, NWU Kunste en NATi moontlik gemaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.