Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
Jy kan kaartjies vir Aardklop vroeër koop

Vanjaar se Aardklop is ’n “kunsrevolusie” en Beeld-lesers kry reeds van Vrydag af toegang tot kaartjieverkope, wat eers Maandag vir die publiek oopmaak.

Karen Zoid

“Daar is te veel om van te kies, iets vir ’n ieder en ’n elk se smaak en voorkeure. Kom word deel van die kunsrevolusie, kom fees vry saam met ons – presies nét soos jy daarvan hou,” sê Alexa Strachan, feesdirekteur, in haar uitnodiging aan feesgangers.

Om die spesiale toegang vir Beeld-lesers te kry, is maklik: Gaan na Ticketpro se webwerf en gebruik die kode BEELD2019.

“Deesdae voel ons almal by tye vuisvoos, moeg geploeter en flenters gebombardeer. Daagliks vertel die nuus ons van korrupsie en daar is wedersydse beskuldigings rakende swak dienslewering. Geen wonder dat ons vervreemd, onbetrokke en ongeïnspireerd begin voel nie.

“Daarom het ons juis nou die kunste as ligpunt, balans en rigtingwyser nodig. Dit skep ’n ruimte waarbinne ons kan saampraat, dink, wonder oor dinge, verwonder kan wees en lekker kan lag,” sê Strachan.

Op die musiekfront skop Karen Zoid heel paslik die kunsrevolusie af. Maak gerus ook ’n aantekening van “ ’n Non, ’n prins en ’n spook stap in ’n kroeg”. Dit is?nie ’n grappie nie, maar klassieke Broadway op sy beste. Aardklop word afgesluit met Karl Jenkins se aangrypende, aktuele “The Armed Man: a Mass for Peace”.

Daarom het ons juis nou die kunste as ligpunt, balans en rigtingwyser nodig.
Alexa Strachan, feesdirekteur

Terreinbesoekers kan uitsien na ’n menigte stalletjies, musiek vir elke smaak, Klopkidz en ander kindervermaak, asook nog ’n nuweling: kostelike Kontreistories saam met onder andere Johny Klein. Die feesterrein is van 24 tot 28 September oop. Toegang kos R30 per dag of R75 vir ’n weekkaartjie. Kinders onder 12 het gratis toegang.

Produksiekaartjies is by Ticketpro of by Aardklop se kantoor te Molenstraat 69 te koop. Lees meer oor die program op bl. 22.

Meer oor:  Aardklop  |  Alexa Strachan  |  Potchefstroom  |  Kunstefees  |  Kaartjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.