Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
Kuns spook dié week in Potch
’n Kunswerk deur Diane Victor, vanjaar se Aardklop-feeskuns-tenaar.

Die visuele aanbod op vanjaar se Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom kan saamgetrek word onder die titel Spoke, diewe en digters.

Die feeskunstenaar is

Diane Victor, wie se solotentoonstelling

Skadu’s en lig op die Noordwes-Universiteit-kampus te sien is.

Victor se grootskaalse kunswerke, onder meer geskep met die roet van ’n kersvlam, toon spookagtige beelde – wat blyk vervlietend te wees. Soos gebruiklik lewer Victor kommentaar oor die misbruik van mag in Suid-Afrika en belig ook misdaad en geweld en die aanslag op die vrou se liggaam.

Johan Thom, kurator van die fees, het vir die hoofgroeptentoonstelling verskeie kunstenaars van Suid-Afrika se werk neffens werk van onder andere

Marina Abramovic van Serwië en Abrie Fourie van Berlyn geplaas. Werke van Jodi Bieber, Bronwyn Lace, Willem Boshoff, Sharon Morris, Angus Taylor en Stefan Erasmus is te sien. Die tentoonstelling dien om prikkelend vorm te gee aan die kunsteprogram se tema.

’n Solotentoonstelling deur Liza Grobler getiteld En die groen gras groei daarom is te sien in die botaniese tuin se kunslokaal en in die werke, wat herinner aan die plante en landskappe daar buite, word oor groei en verganklikheid besin. In sy houtbeeldhouwerke en werke in gemengde media op papier ondersoek die Ugandese kuns­tenaar Donald Wasswa

evolusie en natuurlike seleksie en ook die invloed van die wetenskap en tegnologie op die mens en sy omgewing.

A Flood in My Hands is deur die digkuns geïnspireer – spesifiek die gedigte van Nayyirah Waheed en Seher.

Onder die vaandel Saamklop! is werke van kunstenaars wat onder meer by die Bag Factory, Artist Proof Studio en Nirox-stigting opleiding ontvang het te sien. Ronel Kellerman se portrette van Pretoria se sangerdigters is te sien by Roots Intiem. Dit gaan gepaard met ’n musiekprogram.

Meer oor:  Potchefstroom  |  Aardklop  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.