Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
Laudo Liebenberg ‘Katvoet’ op verhoog

Dit was vir die AKing-hoofsanger Laudo Liebenberg ’n “geweldige leerskool” om die afgelope jaar ná meer as ’n dekade met Katvoet weer in ’n toneelstuk te speel.

Tinarie van Wyk Loots, Martelize Kolver, Laudo Liebenberg en Albert Pretorious in Katvoet. Foto: Nardus Engelbrecht
Laudo Liebenberg

Liebenberg, wat drama aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer het, vertolk tot Saterdag die rol van Boela in dié stuk wat Nico Scheepers uit Tennessee Williams se stuk Cat on a Hot Tin Roof vertaal het.

Dit is by talle kunstefeeste opgevoer waarvan die Aardklop Nasionale Kunstefees die laaste speelvak aanbied.

“Ek moes my voete in Boela vind,” sê Liebenberg.

“Dit is ’n veelvlakkige stuk. Dit is terselfdertyd hilarious midde-in die tragedie. Maar die stuk raak nie makliker nie.”

Liebenberg was onlangs te sien in die rolprent Ander Mens en vroeër in die rolprent Twee grade van moord.

“Die laaste teaterwerk wat ek gedoen het was Broers deur Reza de Wet en met Marthinus Basson as regisseur, en dit was ongeveer 11 jaar gelede. Ek dink dit was hoeka op Aardklop.”

Hy het in 2018 vir sy vrou gesê hy wil weer teaterwerk doen en net die volgende dag het hy ’n oproep van Saartjie Botha, dramaturg en US Woordfees-direkteur, gekry.

“So groot was die toeval.”

Hy het aanvanklik baie selfbewus gevoel.

“Jy staan kaalbolyf op die verhoog met ’n been in gips. Sekere reëls in die stuk het soveel krag. Ons voel al ’n bietjie meer as ’n wanfunksionele familie (soos die familie in die stuk). Die vertaling is so briljant gedoen en na die Limpopo-omgewing verplaas. Afrikaans het ’n heel ander gevoel. Dit gee ’n ander persoonlikheid aan die stuk. Daar is groot aanklank te vind met hoe families mekaar behandel, veral wanneer plaas, eiendom en ’n boedel ter sprake kom.”

Liebenberg reken mooi karakters is in daardie wêreld geskep.

“En die konteks en taal leen hom daartoe. Mense sien hulself raak.”

Hy het nog nie volgende teaterprojekte nie, maar hy hou van die egtheid en onmiddellikheid van teater.

“Jy is kwesbaar in die teater. Dis belangrik – jy leer van jouself in teater. Dit neem jou na emosionele plekke. Jy vertrou in die mense rondom jou. Die vierde muur bestaan, maar ’n mens kry baie van die gehoor. Tot ’n mate is jy deel van die gehoor, deel van die ervaring.

Mense se reaksie kan ’n stuk na verskillende plekke lei.

Teater is ’n baie interessante transaksie.”

  • Katvoet word Saterdag om 17:00 in die Beeld-ouditorium opgevoer. Dit is twee uur lank en kaartjies kos R160. Bespreek by Ticketpro.
Meer oor:  Teater  |  Aardklop  |  Aking  |  Katvoet  |  Laudo Liebenberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.