Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
Lesers kan al vandag Aardklop-kaartjies kry

Aardklop-kaartjies is reeds vandag vir Beeld-lesers beskikbaar, maar eers van Maandag af vir die breë publiek.

Om die voorkeurtoegang te benut voordat duisende kopers Maandag toesak, kan jy die kode BEELD2018 op Ticketpro se webwerf gebruik om onmiddellik toegang tot die kaartjies te kry.

Die kunstefees word vanjaar van 2 tot 7 Oktober in Potchefstroom gehou.

Omdat die fees vroeër vanjaar in die Beeld-leserskeuse-peiling as die gewildste aangewys is, is besluit om voorkeurtoegang aan alle lesers te bied, sê Alexa Strachan, bestuurder van Aardklop.

Aardklop het ook op die kyk­NET Fiëstas met die louere as die gewildste kunstefees in Suid-Afrika weggestap.

“Daarom dek ons die feestafel en nooi jou om aan te sit op die stoel wat jóú pas: teaterstoel, dinkstoel, kampstoel of kroegstoel. Vir ons is elke feesganger kosbaar, maak nie saak hoe hy verkies om te aardklop nie.

“Die program bied weer eens ’n opwindend gebalanseerde spyskaart. Daar is musiek, kuns, kos, wyn, komedie en natuurlik ook diép drama.

“Kunstenaars wat deelneem is divers: van Elvis Blue, The Parlotones, Snotkop, Bouwer Bosch en Nadia Valvekens tot Anna-Mart van der Merwe, Marthinus Basson, Antoinette Kellerman, Sandra Prinsloo en Nataniël. Elke ikoon verdien immers sy (haar?) troon,” sê Strachan.

Meer oor:  Aardklop-Kunstefees  |  Potchefstroom  |  Kunstefees  |  Kaartjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.