Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
Magdalene kyk terug op loopbaan met ‘Portret’

Met die musiekkonsert Portret doen die operasanger Magdalene Minnaar ’n bestekopname van dit wat sy tot dusver in haar loopbaan aangedurf het.

Magdalene Minnaar. Foto: Annene van Eeden

Minnaar en die pianis Maryke Johnson voer dit Donderdag by die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom op.

“Ek moes kyk wat ek tot op dié tydstip al gedoen het,” sê Minnaar, bekend om haar rolle in die Afrikaanse komiese opera Poskantoor en The Phantom of the Opera.

Sy is ook die regisseur van die musiekspel Calling Me Home wat in 2017 gedebuteer het.

Portret is vir my so ’n bietjie van ’n manier om tydelik halt te roep. Ek wou die werk uit my loopbaan saamvoeg en kyk wat daaruit spruit en toe ontmoet ek die wonderlike pianis Maryke Johnson. Ons het met musikale idees begin rondspeel en op ’n paar unieke goed afgekom.”

Portret sluit treffers soos “O mio babbino caro” en “Ebben! Ne andrò lontana”, asook “Heimwee”, “The Rose” en “Somewhere Over the Rainbow” in.

Minnaar, wat die rol van Christine in The Phantom of the Opera vertolk het, sing wel iets uit dié musiekspel deur Andrew Lloyd Webber, maar dis nie ’n lied wat haar karakter gesing het nie.

“Dit is ’n verrassing,” sê Minnaar. “Ek was lus om iets nuuts te doen. Niks van Poskantoor is in die konsert nie. Ek sal eerder die produksie in geheel weer wil opvoer as net ’n uittreksel daarvan.”

Sy sing in Afrikaans, Engels, Frans, Italiaans en Duits.

Die saamstel van die produksie was vir Minnaar ’n herinneringsvlug.

“Soveel so dat ek in ou gedigte begin rondkrap het en ontdek het dat ek graag ’n bundel wil uitreik. Ek wil nou kyk wat ek vorentoe wil doen. Die titel verwys beslis ook na ’n selfportret en die produksie herinner my aan die goed wat my inspireer om skeppend te wees.”

  • Minnaar en Johnson is ook die musiekregisseurs van die produksie wat deur Biblioteek Produksies vervaardig is.
  • Die vertoning in die kykNET-konservatorium is Donderdag om 12:30. Kaartjies kos R100 tot R140 en duur 50 minute. Bespreek by Ticketpro.
Meer oor:  Musiek  |  Aardklop  |  Magdalene Minnaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.