Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
Net 7 slapies tot die begin van Aardklop

Die amptelike aftel vir Aardklop 2018 het begin en dit is net sewe slapies weg tot Dinsdag 2 Oktober wanneer alles op Potchestroom afskop.

Beeld vier sy aanstelling as amptelike feeskoerant vandag met die veelkleurige mashoof op die voorblad en gaan lesers in die aftelfase, maar ook wanneer die fees in volle gang is, op hoog te hou van alles wat gebeur.

En hier is ook weer ’n uittreksel uit die spesiale uitnodigingsbrief wat Alexa Strachan, feesdirekteur, vroeër vanjaar aan Beeld-lesers geskryf het:

Sandra Prinsloo

“Die program bied weer ’n opwindend gebalanseerde spyskaart. Daar is musiek, kuns, kos, wyn, komedie en natuurlik ook diép drama. Kunstenaars wat deelneem is divers: van Elvis Blue, Parlotones, Snotkop, Bouwer Bosch, Nadia Valvekens tot Anna-Mart van der Merwe, Marthinus Basson, Antoinette Kellerman, Sandra Prinsloo en Nataniël – elke ikoon verdien immers sy (haar?) troon.

“Kom kyk na die talle debuutwerke, en gryp die geleentheid aan om trefferproduksies vanuit die suide by te woon. Kanse om hierdie produksies in jou plaaslike stadsteater te sien, is maar bitter skraal. En terwyl ons oor die stand van teater gesels – Aardklop besef sy verantwoordelikheid teenoor die kunstebedryf as geheel, en bied hierdie jaar weer produksiebestuurwerkwinkels aan.

“Ons voeg ook ’n verhoogbestuurkursus by – want hoe moet ’n mens konsert hou sonder goed opgeleide tegniese en ondersteuningspersoneel?

“Een van die take van die kunste is om mense aan die praat te kry oor relevante kwessies, en dit is gewis wat produksies soos onder andere Bloed en Bodem, My Seuns en Huishou gaan doen.

“Ons bring 2017 se suksesvolle nuwe projekte terug: Pronk Podium het inskrywings van meer as 40 hoërskole ontvang – kom kyk gerus hoe blink ons sterre van môre reeds skyn.

“By die Rede-kabel-gesprekkereeks gaan gemoedere en bloeddruk sekerlik weer styg. Maak verseker ook ’n draai by die visuele kunste, onder die oorhoofse tema Spoke, diewe en digters – ons verwelkom hierdie jaar vir Diane Victor as feeskunstenaar.”

Meer inligting oor die program en ander feesnuus is op aardklop.co.za beskikbaar en kaartjies kan deur Ticket Pro gekoop word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.