SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Aardklop
'Smorgasbord van kunswerke' by Aardklop te sien
Phillip Mabote se kunswerk Dreams Escape My Lips – Linocut 2012 wat sien is in Aardklop se Kunssafari.

Getrou aan Aardklop se tradisie word daar op die eerste dag – Maandag 2 Oktober om 16:00 – begin met die Kunssafari.

Daar is ’n “smorgasbord van kunswerke te sien, vanaf ’n onsigbare uitstalling, beeldhouwerke wat die grense laat bewe tot werke deur jong kunstenaars,” sê Delmari van Zyl, bemarkingskoordineerder van die fees. “Kom ontmoet die kuratore en kunstenaars persoonlik, drink ’n glasie wyn (of meer!) en vier dan die opening van Aardklop met ’n heerlike openingspartytjie tot die maan die nag behoorlik verhelder,” is haar uitnodiging.

Geen kinders onder 18 word op die safari, in die Botaniese tuin in Gerrit Dekkerstraat, toegelaat nie en kaartjies is R200.

Van 3 tot 6 Oktober gaan die bekroonde Kunssafari vir Kinders weer aangebied word. Die doel daarvan is om kinders en tieners ’n bekendstelling te gee aan visuele kuns. Die safari vir kinders van 6 tot 10 jaar begin op die dae om 09:30 by die NWU-galery. Deelnemers word na verskillende uitstallings op die kampus begelei deur assistente van die galery. Hulle kry ook ’n aktiwiteitsak.

Van die topverkopers sluit reeds in Drie van die Bestes, Laurika Rauch en Loki Rothman met Blou asook Koöperasiestories.

Vir tieners van 11 tot 15 jaar is daar aparte toere op dieselfde dae wat ook op 09:30 by die NWU-galery begin, maar langer duur. Vir albei uitstappies is die koste R70.

Wat die res van die fees se produksies betref, het die kaartjies al vinniger begin verkoop as dieselfde tyd verlede jaar en vir sekere gewilde produksies het dit volgens feesorganiseerders “behoorlik begin vlieg”.

Van die topverkopers sluit reeds in Drie van die Bestes, Laurika Rauch en Loki Rothman met Blou asook Koöperasiestories. Nog gewildes is Pa maak vir my ‘n vlieër, Pa,PG, ’n Lewe Vol en Ag, ek val sommer met die Holm in die huis.

Vir meer besonderhede oor Aardklop se volledige program kan www.aardklop.co.za besoek word.

Kaartjies is op Computicket beskibaar.

  • Besonderhede oor Aardklop se verskillende gesprekreekse is beskikbaar op www.netwerk24.com onder die soekwoord Aardklop.
Meer oor:  Aardklop  |  Laurika Rauch  |  Potchefstroom  |  Feeste  |  Musiek  |  Kunswerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.