Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
Teater vir kinders op Aardklop
Bernu Pieters vertolk die rol van Joggie die varkie en Zanel de Ville die rol van Soggie in die kinderteaterstuk Die “ware” verhaal van die Drie Varkies.

Aardklop het vanjaar weer iets vir elkeen – ook vir die kleinspan.

Kinders sal elke dag kan kies tussen drie verskillende kinderteaterproduksies wat van Dinsdag tot Saterdag by die NWU Roots in Potchefstroom te sien sal wees.

In Die “ware” verhaal van die Drie Varkies word saam gekuier op die Otternasie-plasie. Hier kan Ot-Truida, die Mamma-vark, nie voorbly om truie vir haar drie kleingoed te brei nie. En maak jou ook sommer gereed vir baie krulstert-kapperjolle. Wees ook gerus: geen karakters word in hierdie kindervriendelike produksie doodgemaak of opgeëet nie.

Dulinda Pieters, regisseur van die produksie, sê hulle hou rofweg by die oorspronklike Drie Varkies-verhaal, maar wyk ook effe daarvan af. “Ons wolf (vertolk deur Robert Skinner) is fantasties, die kinders gaan mal wees daaroor. Hy is te dom dat die kinders regtig bang vir hom sal wees.”

In die stuk, wat interaktief aangebied word sodat die kinders in die gehoor ook soms kan deelneem, moet die varkies planne maak om die wolf te uitoorlê. “Die drie varkies is varktasties daarmee,” sê Pieters tong-in-die-kies.

’n Splinternuwe avontuur in die Liewe Loeloe-reeks wag ook in die produksie Liewe Loeloe en die Moenie-Boelie-Masjien. Dis nou ook vakansietyd op Vlakplaas. Ouma Dot het ’n moenie-boelie-masjien gebou – dit kan woes vuiste swaai en almal moet net buk en koes. In hierdie produksie leer Ouma Dot ook vir Loeloe en Jorsie hoe om boelies mak soos lammetjies te maak.

In die produksie Klikkerland – lag ’n slag! Word behoorlik gesing, gelag, gedans en gespeel. Dis egter nie al nie, want in dié heerlikheid vol misverstande en poetse is daar ook ’n paar lesse oor emosies.

Robert Skinner vertolk die rol van die wolf in Die “ware” verhaal van die Drie Varkies.

* Die “ware” verhaal van die Drie Varkies

NWU Roots

24,27 Sept: 9:00; 25 Sept: 11:00; 26 Sept: 13:00; 28 Sept: 11:00.

R80, 50 min.

* Liewe Loeloe en die Moenie-Boelie-Masjien

NWU Roots

24,27 Sept: 13:00; 25,28 Sept: 9:00; 26 Sept: 11:00.

R80, 45 min.

* Klikkerland – Lag ’n Slag!

NWU Roots

24,27 Sept: 11:00; 25 Sept: 13:00; 26 Sept: 9:00; 28 Sept: 13:00.

R80, 45 min.

Meer oor:  Potchefstroom  |  Kleingoed  |  Aardklop  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.