Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aardklop
Uitblinkers op Aardklop benoem

Die benoemings vir die 2019 Aardklop-pryse is bekendgemaak.

Marthinus Basson se Koningin Lear spog met die meeste benoemings – nege, insluitende vir beste aktrise (Antoinette Kellermann), beste akteur (André Roothman), beste algehele aanbieding en ’n benoeming vir Basson as regisseur.

Antoinette Kellermann is benoem vir haar rol in Koningin Lear. Foto: Aardklop

Kamphoer – Die verhaal van Susan Nell het vier benoemings gekry, onder meer vir beste aktrise (Sandra Prinsloo), terwyl Tien Duisend Ton en Charl du Plessis se musiekvertoning Solo drie benoemings elk ontvang het.

Die wenners word later Vrydag bekendgemaak.

Die lys van benoemings sluit vanjaar ’n nuwe kategorie in, dié van beste vertolking in ’n solo-produksie.

“Die gehalte van solo-produksies by die fees was van so ’n hoogstaande gehalte dat dit ons genoop het om ’n ekstra toekenning te gee,” sê Alexa Strachan, feesbestuurder, in ’n mediaverklaring.

“Die dapperheid van solo-kunstenaars wat op die verhoog slegs op hulself aangewese is, moet gevier word; daarom vereer ons hulle vanjaar by die fees.”

Die benoemings is as volg:

Beste aktrise

Cintaine Schutte – Tien Duisend Ton

Sandra Prinsloo – Kamphoer – Die verhaal van Susan Nell

Antoinette Kellermann – Koningin Lear

Beste akteur

André Roothman – Koningin Lear

Brendon Daniels – Queenie-hulle

Beste regisseur

Nico Scheepers – Tien Duisend Ton

Marthinus Basson – Koningin Lear

Lara Foot – Kamphoer – Die verhaal van Susan Nell

Beste algehele aanbieding

Tien Duisend Ton

Koningin Lear

Kamphoer – Die verhaal van Susan Nell

ATKV-Aardklop-toekenning vir grensverskuiwende werk (slegs debuut)

Maboneng Township Arts Experience

Charl du Plessis – Solo

Beste vroulike byspeler

Anna-Mart van der Merwe – Koningin Lear

Rolanda Marais – Koningin Lear

Beste manlike byspeler

Neels van Jaarsveld – Koningin Lear

Edwin van der Walt – Koningin Lear

Wilhelm van der Walt – Koningin Lear

Beste musiekgedrewe produksie

Sima Mashazi – My Miriam Makeba Story

Charl du Plessis – Solo

Albert Frost en Loki Rothman – Akoestiese Kitaar

Beste uitvoering – musiek

Anna Davel – Shirley Bassey – Diamonds are Forever

Charl du Plessis – Solo

Sima Mashazi – My Miriam Makeba Story

Visuele kuns: Beste uitstalling

Cobus Haupt (feeskunstenaar) – Uitzicht

Harrie Siertsema en Abrie Fourie (kurators) – Verf dit swart

Beste vertolking in ’n solo-produksie

Cintaine Schutte – Die dinge van ’n kind

Sandra Prinsloo – Kamphoer – Die verhaal van Susan Nell

Hannes van Wyk – Sê groete vir ma

Die paneellede wat die kortlys saamgestel het, sluit in Alby Michaels (sameroeper), AJ Opperman, Heidi Edeling, dr. Mareli Stolp, Kim Cloete en Diane de Beer.

Meer oor:  Feeste  |  Musiek  |  Teater  |  Aardklop  |  Alexa Strachan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.