Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Innibos
Covid-19: Innibos gaan voorlopig nog voort

Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees in Mbombela, wat jaarliks sowat 100 000 feesgangers lok, word te midde van die ramptoestand in Suid-Afrika weens Covid-19 voorlopig steeds van 24 tot 27 Junie aangebied.

Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees word van 24 tot 27 Junie in Mbombela aangebied.

Dié fees, wat op die Fiësta-toekenningsaand in Februarie as die Fees van die Jaar aangewys is, duur van 24 tot 27 Junie.

“Die feesbeplanning gaan in hierdie stadium voort en die datum bly onveranderd,” sê Sandra Jacobs, Innibos-mediabestuurder.

“Ons wag vir die finale besonderhede van die regering oor die stappe wat gedoen word om te sien hoe dit ons besluite beïnvloed. Ons vergader gedurende die week met die Innibos-direksie om ons aksieplanne te bespreek.”

Kaartjieverkope vir toneelproduksies open op 17 April en kaartjies vir toegang tot die feesterrein is sedert 2 Maart beskikbaar.

“Die fees sal aan die einde van die huidige moratorium op openbare geleenthede (tot en met die Paasnaweek) weer besluite hieroor neem na gelang van die regering se verdere riglyne.”

Die fees reik volgende week ’n amptelike verklaring uit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.