SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Innibos
Daar is niks soos ware vriende
Franci Swanepoel speel teenoor Sandra Prinsloo in die debuut-drama Soebatsfontein.

Dis nie net die liefde nie, maar ook ware vriendskap wat seëvier.

En daar is nie ’n beter manier om dit te illustreer as wanneer twee ooglopend uiteenlopende vriendinne iewers tussen êrens en nêrens in die Noord-Kaap reis en dan toegesluit in ’n hotelkamer op Soebatsfontein beland nie.

Annemarie van der Walt, ’n Beeld-rubriekskrywer, debuteer op uitsonderlike wyse as dramaturg met Soebatsfontein op die Innibos-kunstefees. Haar teks getuig van vars woordkeuses en werklike, oortuigende kommunikasie tussen haar twee karakters.

Emma (Franci Swanepoel) is getroud en ma van ’n dogter wat haar eersteling verwag, en Katrien (Sandra Prinsloo) is uit eie keuse ongetroud en geniet die absolute vryheid om self haar lewe te rig en haar bestemmings na willekeur te kan kies. Die twee onderneem ’n reis met verreikende gevolge.

Die karakters is vol lae, selfs as man kan jy jouself in albei van hulle vind – kom ons hou dit maar stil of jy die goeie of slegte van jouself hier raaksien.

Aanvanklik wonder ’n mens eintlik hoe hierdie uiteenlopende pole bevriend kon raak, maar Van der Walt belig juis die dikwels onverklaarbare aard van vriendskap.

En of jy nou van reis of poësie hou, sal jy iets uit hierdie teks put. Dit wat jy tussen die reëls ontdek, raak jou.

Groot is hul krisis wanneer hulle ontdek dat hul kamerdeur nie wil oopsluit nie en hulle vasgekeer is. Dit is hier waar ’n kis van geheime oopgesluit word en dit is dan in hierdie ruimte waar die karakters ’n sekere vryheid en klaarheid ontvang. Hulle het lanklaas só met mekaar gepraat.

Die gehoor ontmoet die karakters terwyl Katrien bestuur en Emma op haar skouer slaap. Daar is soveel wat ’n mens kan inlees in hul gesprekke. Die gehoor leer hulle ken en ontwikkel ook begrip vir hul vriendskap, maar leer ook meer van Emma se dogter en haar man, Pieter.

Die geheime van die verlede en die hede kom op die lappe. En daar is meer emosie as wat die klein hotelkamer kan akkommodeer.

Swanepoel en Prinsloo stel nie teleur nie en stuur hul karakters behendig deur al die emosionele deinings.

Die regisseur Philip Rademeyer rig die gebeure sekuur en kleur die storie goed in.

Dat so ’n opsluit in ’n kamer ’n mens tot die uiterste toe kan dwing. Noem dit uitsluitsel kry.

Nou dink ’n mens aan wat jy dalk vir iemand wil of behoort te sê en dit moet dalk nie wag tot môre nie.

Soebatsfontein word tot Saterdag opgevoer in die Laerskool Nelspruit se saal. Dit is van 11

Julie op die Vrystaat Kunste-

fees in Bloemfontein op die planke.

Meer oor:  Sandra Prinsloo  |  Drama  |  Innibos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.