Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Innibos
Dié bende in die 'aaptwak'

Die bende in die nuwe komedie Aaptwak moet ’n mens eintlik jammer kry.

Soos die regisseur Pierre van Pletzen uit die teks aanhaal: “Hulle is the gang that couldn’t shoot straight gemeng met breaking bad in Daspoort . . .”

Pierre van Pletzen Foto: Lulama Zenzile

Die bende sal jy teëkom wanneer Aaptwak tydens die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees (26 tot 29 Junie) in Mbombela debuteer.

Dit is ’n teks deur die akteur en dramaturg Chris Vorster wat tans in die kykNET-dramareeks Die spreeus te sien is.

In die stuk het ’n groep mense van Daspoort wat voorheen by die Hyperama gewerk het, besluit om ’n bende te stig om te kyk of hulle meer geld kan verdien.

“Hulle is eintlik dom,” sê Van Pletzen. “Hulle begeef hulself in ’n ding in.”

Hulle sukkel om van die grond af te kom. Hul onderlinge geskille en onbeholpenheid tel ook nie in hul guns nie.

Om as bende erken te word, moet die groep ’n paar take voltooi.

Maar omdat hulle nie juis weet wat hulle aanvang nie, verloop niks glad nie.

Chris Vorster Foto: Nico Gous

Soos met al sy regie fokus Van Pletzen ook in Aaptwak se stuk baie op die beweging van die spelers.

“Ek regisseer so: Ek neem ’n klein spotlight en ek spot vir die gehoor waar moet hulle na ’n sin luister.

Ek choreografeer die mense so dat ons die gehoor saam met ons vat. Ek werk met dit en om dit reg te kry, ouens wat beweeg en ’n laugh line lewer. Dis ’n fout as iemand anders beweeg terwyl iemand anders ’n laugh line lewer of iemand wat te vroeg beweeg.”

Beweging en tydsberekening is vir Van Pletzen belangrik.

“As jy nie ’n beweging het nie, moet jy daardie sinne sterk sê. Jy moet baie weet van die struktuur en die nodige laugh lines. Jy belemmer die dialoog as jy nie reg beweeg nie. En dan is die dialoog eintlik nutteloos. Die storie word wel deur die dialoog vertel en al die witticisms, maar dit moenie morsig en onnet wees nie.”

Van Pletzen en Vorster het albei al mekaar se stukke geregisseer en hulle het teenoor mekaar in die SABC2-sepie 7de Laan gespeel.

Dit is ook waar hulle ontmoet het.

“Toe lei ek op hom as ’n multi-cam-regisseur. Met ander woorde, toe hy het my ook geregisseer en ek hom. Met Aaptwak het Chris eers ’n paar bladsye gestuur en so het ek stelselmatig begin uitpluis hoe ek hierdie stuk gaan benader.”

* Giep van Zyl is die vervaardiger en die spelers is Hannes Brümmer, Botha Enslin, Nastassja Pretorius, Charlie Bouguenon, Charl Henning en Viljé Maritz.

* Vertonings by die Lowveld High School is op 26 Junie om 10:00, op 27 Junie om 16:00, op Vrydag 28 Junie om 09:00 en op 29 Junie om 13:00. Dit het ’n ouderdomsbeperking van 14. Dit duur 80 minute en kaartjies kos R142. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Pierre Van Pletzen  |  Teater  |  Chris Vorster  |  Innibos  |  Bende
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.